Ons kyk na die nuwe (2019) Defender

Bekend gestel in 1948, het die Land Rover reeks vroeg naam gemaak as een van die mees ikoniese 4×4 name ter wêreld. Oorspronklik gesien as ‘n simplistiese, maar uitmuntende voertuig vir die veld, het hierdie Britse handelsmerk ontwikkel in ‘n globale leier, wat bykans 8 eksklusiewe voertuie op die Suider-Afrikaanse mark verkoop.

Ja, die Land Rover Defender staan vir vele bekend as die sentrale punt van braai gesprekke of pogings tot klets grappe, maar die Defender het wel in ons harte ingekruip. Indien daar enigsens twyfel is, gaan lees gerus ons redakteur (en voormalige Defender eienaar) se artikel: https://www.namwheels.com/tested-land-rover-defender-110-heritage-edition/

Ongeveer 3 jaar na die eerste skelm foto’s die internet gehaal het, het Land Rover pas hul splinternuwe Defender bekend gestel. Beslis een van die moeilikste take om so ‘n ikoniese voertuig te her-ontwikkel vir die nuwe en meer moderne wêreld, het die nuwe Defender beslis twee kontrasterende pole gelaat.

Kom ons kyk egter gou vlugtig na die vervaardiger se geskiedenis en die nuwe Defender. (Ongelukkig, het ons nog nie die voertuig getoets nie en kan ons net spekuleer asook om media inligting te gebruik).

Land Rover het in 1948 die mark betree met slegs een voertuig. Egter net die “Land Rover” genoem, het hierdie einste model ontwerp later ontwikkel vanaf ‘n militêre voertuig, na een, wat deur die publiek aangekoop kon word.

In 1958 is die tweede Land Rover (Series II) bekend gestel met ‘n meer geronde bakwerk, waarna die ‘Series II A” en  “Series III” meer tegniese veranderinge bevat het.

Voorheen besit deur Rover (onder die British Leyland Voertuig korporasie), het die sukses van hierdie voertuig in die 70’s vlam gevat onder die publiek. In 1994 is Rover natuurlik oorgekoop deur BMW, waarna dit weer aan Ford (2006) en Tata (2008) verkoop is.

In 1983 is die eerste offisiële Defender 110 (benoem weens die wielbasis se lengte) uitgebring, waarna die korter 90 voertuig in 1984 bekend gestel is. Die Defender, gesamentlik met die Range Rover, was dus Land Rover se eerste voertuie vir die publiek. Die ikoniese Discovery, was die vervaardiger se derde model en het eers 5 jaar na die Defender 90, ‘n verskyining gemaak.

Sedertdien het die Defender nog altyd bekend gestaan as die minimalistiese en mees gesogde 4×4 in die vervaardiger se lyn. Weens globale veiligheids en emissie (uitlaat gasse) standaarde, moes die Defender uit produksie gehaal word; ‘n stap wat in Desember 2015 geneem is.

Hierna het Land Rover nog ‘n ‘Heritage’ model uit gebring in 2016, gesien as die laaste “hoera” vir Land Rover se ikoniese vorm.

Nou, met ‘n splinternuwe bakwerk, sowel as die modernisering van die voertuig, is die Defender terug en hoewel dit nog nie op ons paaie gesien kan word die jaar nie, is dit pas in die publieke oog tydens die Frankfurt wêreld motorskou bekend gestel.

En nee, die nuwe Defender is nie net ‘n Range Rover Velar met ‘n ander dop op nie. Die Defender mik steeds om die koning van 4×4 te wees.

Beide die 110 en die 90 sal weer op die mark wees, maar die keer met veel meer tegnologie.

Hierdie sluit vierwiel trek in vir elk van die Defenders, asook ratkaste met laestrek, lug suspensie, grond oppervlak sensors, 8-spoed outomaties, bult stillstand bystand, elektroniese kragstuur, stabiliteits beheer, lae traksie bystand, elektroniese traksie bystand, stabiliteits bystand, steil afdraand elektroniese bystand sowel as rem hulp.

Die voertuig sal ook toegerus wees met verhitte elektroniese voubare spieëls, outomatiese hooflig verstellings, LED agterligte, elektroniese parkeer rem, nood toestand rem aksie, ABS, EBD, outomatiese hoofligte en reën sensors en agterste remligte.

Die Defender sal ook as standaard ‘n vol grootte spaarwiel dra, sowel as banddruk sensors. Binne sal die voertuig dubbele klimaat beheer hê, sowel as voet- en lees ligte. Natuurlik sal die binneruim ook ‘n slimfoon pakket behou, sowel as ‘n 10” informasie sisteem met navigasie en 12V punte. ISOFIX punte word ook in die agterste ry geplaas met lugsakke reg rondom die voertuig.

In terme van veiligheid word die Defender ook met nood rem aksie, 3D 360 grade kamera’s, spoed beheer, baan bystand en parkering hulp toegerus.

Die Defender sal met vier enjins in Suider Afrika bekend gestel word. Hierdie sluit in die P300 (4 silinder, 2 liter) petrol enjin, wat 221 kW (teen 5500 opm) en 400 Nm (teen 1500 -4000 opm) uitskop. Nog ‘n 3 liter petrol enjin sal met 6 silinders vrygestel word en sal 294 kW (teen 5500 opm) en 550Nm (teen 2000 – 5000 opm) uitskop. Die laasgenoemde enjin kan in vele ander Land Rover en Jaguar voertuie tans gevind word.

Twee diesel enjins sal ook verkoop word naamlik die D200 (2 liter, 4 silinder), wat 147 kW en 430 Nm sal gee. Die D240 sal ook ‘n 2 liter, 4 silinder enjin wees, maar sal 177kW en 430 Nm uitskop.

Met onder andere die “Explorer-“, “Adventure-“, “Country-“, en “Urban” pakket is daar oneindige opsionele ekstras. Perfek om die nuwe Defender soos die ideale pak (of rok) te laat pas.

Pryse vir die plaaslike mark is tans nog nie beskikbaar nie.

Slegs met ooglopende navorsing, kon ons reeds vind dat die nuwe Defender nie net ‘n normale sypaadjie 4×4 gaan wees nie. Met uitmuntende tegnologie vir enige terrain, sal die nuwe Defender die naam net na hoër horisonne kan neem.

Ons is beslis baie opgewonde om hierdie nuwe Defender te toets en glo dat Land Rover hulself goed op hul eie blaaie kan tik na hierdie moeilike taak.

Die Defender naam leef voort!

Leave a Comment