Lig voetjies in die stad
Ford se Focus model is een van die mees gesogde modelle in Suid Afrika. Een waarvoor die vervaardiger baie bekend is en ook reg in die hoogs-kompiterende luikrug segment val. Met kompetisie soos die Volkswagen Golf, Hyundai i30 and Toyota Auris, staan die Focus egter nie alleen in die segment nie.
Ons het dus die nuwe Ford Focus 1.5 Ecoboost Trend se vernuf so ‘n bietjie in die stedelike-, sowel as langpad-omgewings getoets.
Met 132kW (teen 6000 opm) en 240Nm (tussen 1600 en 5000 opm) het die 1.5 Ecoboost 4-sylinder turbo-aangedrewe enjin nie min krag nie. Kombineer dit met ‘n 6-spoed outomatiese ratkas en die Focus is veronderstel om ‘n gemaklike langpad voertuig te wees met ‘n baie lae brandstof verbruik. Alhoewel die Focus ‘n gemaklike langpad kar is en heel gepas is om verkeer verby te steek, is die 0-100km/h van 8.8 sek nie iets om oor opgewonde te raak nie. Die tweede resultaat wat dalk teleurstellend mag wees is die brandstofverbruik. Konstant naby die 7.1 liter / 100km merk op die uitgerekte stukke pad, skuif die algehele petrol verbruik na 9 sodra die stedelike oerwoud aangedurf word. Hierdie syfer is baie moeilik aanvaarbaar, veral omdat dit ‘n Ecoboost model is en vele swaarder kompetisie dit regkry om ‘n laer syfer te kry.
Daarbygesê is die Focus redelik prettig om te bestuur. Die stuur is akkuraat en ratwisseling is op standaard. Die Focus hanteer maklik in draaie en sal effektief genoeg enige voertuie kan verbysteek op die langpad.
Binne is die Focus toegerus met material sitplekke, ‘n 8” streelpaneel, 2 USB punte, dubbele-klimaat beheer funksie, 12 Volt punte, Bloutand (“Bluetooth”), stembeheer-funksies, spoedbeheer, lugsakke, ABS, LED dagligte, ESP met traksiebeheer, outomatiese ruitveërs, ‘n panoramiese sondak, ISOFIX punte vir 2 stoele en ‘n trurat kamera.
‘n Wyer bakwerk met skerp lyne mag die Focus baie aantreklik laat lyk, maar verskaf egter ook negatiewes. Die eerste hiervan is ‘n groot C-pilaar wat baie blindekolle veroorsaak. Bagasieplek in die kattebak, teen 316 liter, is nie die grootste in die segment nie.
Been- en kopspasie agter is voldoende vir twee volwassenes (1.8 meter), maar dit mag dalk sukkel met ‘n derde persoon in die middel.
Alhoewel die Focus baie modern lyk en die oë lok in verkeer, het dit ook sy nadele.
Die Focus bied ‘n paar, nie-so-deeglike-afwerkings, soos die feit dat die agterste ry sitplekke net volledig kan platslaan as die sitruim eers opgeslaan is. Die tweede is die tekort aan ‘n “false” vloer in die kattebak, of selfs ‘n ordentlike seël op die petroltenk. ‘n Derde en laaste punt is die padgeraas vanaf die 17” wiele. Binne is die kajuit redelik dig en die material vir die sentrale paneel is deeglik. Dus is vibrasiegeluide min, maar die bandgeraas redelik prominent.
Elk van hierdie skep die idee dat die Ford se afwerkings-fase effe vinnig afgehandel is.
Teen ongeveer N$340,000 is die Focus Trend 1.5 Ecoboost (6-spoed outmaties) nie die duurste voertuig op die mark nie, maar is dit steeds ‘n stewige bedrag in terme van praktiese en ekonomiese bekostigbaarheid.
‘n Alternatief (indien daar nie na ander vervaardigers gekyk word nie) is natuurlik die diesel weergawe van die einste 1.5 liter petrol Ecoboost. Die petrol enjin is wel uiters sag en kan skaars gehoor word, behalwe as die ratwisseling hoog hardloop. Tweedens sal die diesel weergawe ongelukkig net as ‘n handrat weergawe beskikbaar wees.
Hierdie mag dalk iets wees waarna Ford kan kyk met die bekendstelling van die nuwe Focus. ‘n Diesel outomatiese weergawe, met beter brandstofverbruik, meer spasie en goeie afwerking, mag dalk net die produk wees waarvoor soveel kliënte wag.
Elk van die Focus modelle word nuut verkoop met ‘n baie goeie 4 jaar / 120 000km waarborg.
Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media
Performance:
0-10km/h: 0,45 seconds
0-20km/h: 0,99 seconds
0-30km/h: 1,52 seconds
0-40km/h: 2,10 seconds
0-50km/h: 2,81 seconds
0-60km/h: 3,60 seconds
0-70km/h: 4,53 seconds
0-80km/h: 5,72 seconds
0-90km/h: 7,02 seconds
0-100km/h: 8,44 seconds
0-110km/h: 9,91 seconds
0-120km/h: 11,52 seconds
0-130km/h: 13,58 seconds
0-140km/h: 15,95 seconds
0-150km/h: 18,44 seconds
0-160km/h: 22,23 seconds
0-100m: 6,78 seconds @ 88,03km/h
0-200m: 10,35 seconds @ 112,90km/h
0-300m: 13,32 seconds @ 128,98km/h
0-400m: 15,99 seconds @ 140,18km/h
100-0km/h: 2,74 seconds @ 38,82 meters (once-off)
——————————-
0-10mph: 0,77 seconds
0-20mph: 1,65 seconds
0-30mph: 2,66 seconds
0-40mph: 3,99 seconds
0-50mph: 5,78 seconds
0-60mph: 7,94 seconds
0-70mph: 10,32 seconds
0-80mph: 13,27 seconds
0-90mph: 17,11 seconds
0-100mph: 22,76 seconds
1/4 mile: 16,05 seconds @ 87,27 mph
Maximum acceleration G-force: 0,56G
Altitude: 60m
All data captured by Racelogic® Performance Box