Padtoets: 2018 BMW X3 3L Turbodiesel

Ons kamp met die nuwe BMW X3

Om te gaan kamp is vir vele ‘n heerlike naweek aktiwiteit. Kombineer dit met een van die Wes-Kaapse areas wat die meeste reënval per jaar kry en ‘n uitstekende Sportsnuts voertuig en die naweek word skielik ‘n fees. Ons het immers toevallig besluit om juis die naweek te gaan kamp, wat die Wes-Kaapse damme vir die eerste keer in ‘n drie jaar periode, ‘n positiewe rekordsyfer behaal.

Met watervalle in die Du Toitskloof en modderige grondpaaie het die nuwe derde generasie BMW X3 3.0 liter turbodiesel ons geweldig verbaas. Met ‘n prys naby aan die R1 miljoen merk, sal mens egter ook verwag dat dit die geval sou wees.

Vir ‘n voertuig wat bestempel word as ‘n “sypaadjie 4×4”, het hierdie x3 geweldige vernuf getoon op die modderige grondpaaie van die Dwarsberg.

Nie net het die voertuig goeie tegniese vernuf getoon nie, maar het dit ook geweldig baie aandag getrek by die kampterrein self. Dit is te danke aan die M-sport pakket op die voertuig. Met ‘n sportiewe pakket, lyk hierdie X3 redelik aggresief. Twee massiewe BMW lugverkoelings gate, sowel as sportiewe en aerodynamiese lyne op die enjinkap en sy- bakwerk, maak dat hierdie voertuig meer op die ‘sport’ gedeelte van ‘Sportsnut’ dui.



Klim binne die voertuig en ‘n elegante ontwerp groet jou met ‘n leerafwerking op beide die sitplekke en stuurwiel. Bykans alles in die voertuig is elektronies, met selfs die spoedmeters wat digital agter die stuurwiel vertoon. Kombineer dit met oorgenoeg beenspasie, ‘n panoramiese sondak en ‘n interaktiewe sentrale streelpaneel, en die X3 laat jou dadelik tuis voel.

Om die bestuurder en insittendes goed te laat ‘aklimatiseer’ met die voertuig, was nog altyd een van BMW se sterkpunte. Die eienaar sal egter ekstra moet opdok, veral as dit ook kom by ekstra’s soos ‘gebare’ beheer, semi-selfbestuur, spoedbeheer en ander binne voertuig tegnologieë. Dit is egter die moeite werd om hierdie pakkette aan te skaf, siende dat dit tegnologie is wat reguit vanaf die vyf- en sewe reeks kom.

Genoeg egter van die binneruim. Hierdie spesifieke 3 liter turbodiesel reguit-ses enjin is ‘n fees om te bestuur. Met 195 kW en 620 Nm is die voertuig nie lui op die pad nie. Plaas die voertuig in ‘sport’ en die X3 sal nie sukkel om verkeer verby te steek nie. Selfs in ‘eco’ het hierdie kar gemaklik die swaar voertuie op die N1 verbygesteek. Om meer spesifiek te wees; dit neem net 5.8 sek om 0-100km/h kaf te draf. Hierdie is te danke aan die maksimum krag wat verskaf word teen ‘n baie lae 2000 -2500 opm. Dus is die enjin baie sag.

Natuurlik sal enige voertuig met 21-duim lae profile bande op ‘n grondpad sukkel en hoewel die rit effe stamperig was, het die X3 se permanente vierwieltrek die kar baie goed op die pad gehou. In die reën en op ‘normale’ grondpad, was die voertuig egter sag, met geen kajuitgeraas of windlawaai nie. Hierdie is verassend, inaggenome die wiel grootte.

Enjin revolusies hardloop ook teen ‘n baie lae en sagte 2 000 opm, soos dit die die 8 spoed outomatiese ratkas hardloop. Dit is dan nie verbasend dat ons ‘n brandstofverbruik van 7.6 liter / 100 km gekry het nie.

Met die agterste sitplekke opgevou het ons reuse en langwerpige seiltent gemaklik saam met al die ander toerusting in die voertuig gepas, sonder om enige sig te belemmer. Selfs met die agterste sitplekke opgeslaan, sou die 550 liter kattebak spasie oorgenoeg wees vir ons ander kamptoerusting (minus die tent).



Die pryse vir die X3 is egter baie kompeterend en bied baie meer waarde as baie van die kompetisie, wat veel duurder vir hul modelle vra:

  • X3 xDrive 30d Standaard prys: R 875 900
  • X3 xDrive30d Luxury Line prys: R 900 800
  • X3 xDrive 30d xLine prys: R900 800
  • X3 xDrive30d M Sport prys: R926 200 

Elk van hierdie modelle sal met ‘n vyf jaar / 100 000km motor plan verkoop word.

Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media 


Performance:

0-10km/h: 0,29 seconds
0-20km/h: 0,64 seconds
0-30km/h: 1,05 seconds
0-40km/h: 1,48 seconds
0-50km/h: 1,98 seconds
0-60km/h: 2,56 seconds
0-70km/h: 3,23 seconds
0-80km/h: 3,96 seconds
0-90km/h: 4,79 seconds
0-100km/h: 5,74 seconds
0-110km/h: 6,81 seconds
0-120km/h: 8,03 seconds
0-130km/h: 9,51 seconds
0-140km/h: 11,08 seconds
0-150km/h: 12,86 seconds
0-160km/h: 15,18 seconds

0-100m: 5,88 seconds @ 101,41km/h
0-200m: 9,01 seconds @ 126,48km/h
0-300m: 11,67 seconds @ 143,50km/h
0-400m: 14,08 seconds @ 155,30km/h

100-0km/h: 2,88 seconds @ 37,29 meters (once-off)
Maximum deceleration G-force: 1,12G

——————————-

0-10mph: 0,49 seconds
0-20mph: 1,13 seconds
0-30mph: 1,91 seconds
0-40mph: 2,85 seconds
0-50mph: 4,00 seconds
0-60mph: 5,39 seconds
0-70mph: 7,11 seconds
0-80mph: 9,34 seconds
0-90mph: 11,92 seconds
0-100mph: 15,43 seconds

1/4 mile: 14,13 seconds @ 96,65 mph

Maximum acceleration G-force: 0,88G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

1 thought on “Padtoets: 2018 BMW X3 3L Turbodiesel”

Leave a Comment