Padtoets: 2018 Ford Fiesta 1.0 Titanium

Het Ford die B-segment oorwin?

Getoets aan die einde van 2018, is die Ford Fiesta 1.5 TDCi Trend gekies as Galimoto Media en NamWheels se tweede “mees verbeterde” kar van die jaar. Uitmuntende kwaliteit, genoeg spasie, goeie padhouvermoe en ‘n algehele brandstof-verbruik van 4.1 liter per 100 km (ons beste nog), kon ons geensins anders laat kies nie.

Met ‘n prys van R300 900 het ons dit gesien as die beste en praktiese koop vir ‘n groeiende gesin of selfs ‘n toeris, wat die Suider-Afrikaanse paaie aandurf.

Vroeg in Februarie het ons egter die kans gekry om die 1.0T Titanium (outomaties) deur die toetse te plaas. Volgens Ford self is hierdie weergawe meer rats, maar duurder (R319 900) en swaarder op brandstof (5.2 liter per 100km) as die 1.5 TDCi Trend.

Ons toets sou dus wees om te kyk of dit wel die R19 000 meer werd is om die Kleiner enjin aan te koop. (Om dit duidelik te maak is die 1.5 turbo-diesel Fiesta net in die Trend spesifikasie beskikbaar en nie die Titanium of outomaties nie.)

Vergelyking

Die Titanium weergawe van die 1.0 liter turbo-petrol is bykans net so gemaklik soos die 1.5 liter turbo-diesel (Trend weergawe) op die oop pad en toon so te sê geen pad- of windgeraas nie. Die 1.0 Titanium het wel ‘n ses-spoed outomatiese ratkas en hardloop teen 2 500 opm (teen 120 km/h), waar die 1.5 Trend ‘n ses-spoed handrat het en teen 1 900 opm hardloop (teen 120 km/h).

Die 1.0  Titanium verskaf ook ‘n algehele brandstof verbruik van 6.9L/100km/h, waar die 1.5 Trend net 4.1 liter per 100km gebruik (ons laagste ooit).

Die 1.5 Diesel skop 63kW en 175Nm uit, waar die 1.0 Petrol 74kW en 170Nm lewer. 0-100km/h in die 1.0 Titanium neem 11.70 sekondes, terwyl die Dieseltjie dit doen in 10.98 sekondes.

Hierdie was selfs vir ons ‘n groot verrassing!

Ons 1.0 Titanium toets eenheid het wel ‘n baie treffende “Blue Wave” kleur gehad. Gekombineerd met die nuwe LED dagligte en 17-duim allooi wiele, kan die Fiesta nie gemis word nie, selfs al is daar honderde op die paaie.

Die spasie aan die binneruim is identies tussen die twee modelle, met die kattebak wat net meer as 300 liter kan vat. Vou die agterste sitplekke plat en hierdie vermeerder tot 984 liter. Die nuwe Fiesta is ook 71mm langer en 13 mm wyer, wat dit gemaklik maak vir drie jong tieners om langs mekaar in die tweede ry te sit.

Die Titanium kom egter uit met ‘n groter agt-duim streel paneel. Nes die Trend, het die Titanium navigasie, bloutand, stem beheer en toepassing konneksie. Die Titanium kom ook uit met twee USB punte, stem beheer, spoed beheer, klimaat beheer, trurat sensors en verhitte sitplekke.

In terme van veiligheid kom elke Fiesta uit met ses lugsakke, ABS met EBD, rem beheer, elektroniese stabiliteits beheer, bult stillstand hulp en ISOFIX punte.

Die uiteinde

Hoewel die 1.0T Titanium ‘n waardige en kompiterende prys bied, met ‘n vier-jaar / 120 000km waarborg en vier-jaar / 60 000km diensplan (dieselfde vir die 1.5), kan ons nie help om steeds na die 1.5 TDCi te draai nie.

Die voertuig het ons geweldig verbaas in 2018 en doen nou selfs meer, na ons toets met die 1.0T Fiesta. Hoeweld dit handrat is, is rat wisseling gemaklik en ietwat meer gemaklik as die outomaties. Die brandstof verbruik (diesel) is ook eksponensieel beter; terwyl enkele ander funksies beter is op die 1.0 Titanium.

Die 1.5 Trend bly egter steeds die mees bekostigbare en beste koop in die Fiesta reeks en laat ander verskaffers ook op hul koppe staan.

Die Ford Fiesta bly steeds een van die beste opsies in die B-segment en bied uitstekende waarde vir geld. Maak egter eers ‘n draai met die 1.5 TDCi Trend, voordat die 1.0T Titanium finaal oorweeg word.

Leave a Comment