Padtoets: 2018 Honda Jazz Sport

Oorambisie vir Honda

Honda het onlangs die nuwe Civic Type R (FK8) tesame met die nuwe Jazz 1.5 Sport (voorheen bekend as die Dynamic) by die Dezzi resies baan in Durban geloods. Terwyl die Civic Type R ons asems weggeslaan het met ‘n kombinasie van uitstekende ingeneurswese en geweldige pret, het die Honda Jazz Sport ons met ‘n effense kopkrap-situasie gelos.

Met 97kW en 155Nm het die 1.5 liter vier-silinder Jazz Sport wel meer krag as die gewone Jazz modelle. Met goeie bestuursvernuf rondom ‘n knap gymkhana baan in Durban, het die model ook sy sportiewe natuur gewys.

Terwyl hierdie ‘n goeie aktiwiteit was om die Sport te bemark, kan ons nie help om ‘n paar negatiewe punte uit te lig nie. Met ‘n outomatiese sewe-spoed CVT ratkas kry die Jazz Sport eers die maksimum hoeveelheid krag teen ‘n skreeuende 6 500 opm.  Hierdie raak ietwat van ‘n probleem sodra ‘n voertuig verbygesteek word teen 100km/h. Die 0-100km/h neem ‘n skreeuende 9.8 sekondes. (ons beste tyd was 9.16).



Sy 1.5 liter enjin is redelik groot vir die tipe voertuig, maar ons kan nie help om te voorspel dat hierdie Jazz agter die turbo-aangedrewe kompetisie sal val sodra die lug dunner raak in Johannesburg of Windhoek.

Genoeg van die enjin. Die voertuig self bied ‘n goeie kombinasie van aggressiewe voorkoms en praktiese ryvernuf. Met 16-duim allooi wiele (swart), aggressiewe LED voorligte, ‘n massiewe drukvlerk en sportiewe stikwerk in die binneruim, lyk die Sport beslis baie meer aggresief as sy voorgangers.

Uit ‘n praktiese oogpunt is daar ‘n baie goeie rede om die Jazz Sport aan te skaf. Nie net is daar geweldige been- en kop-spasie nie, maar is dit ook ‘n klasleier in terme van bagasie-ruimte (359 liter, met ‘n addisionele 530 liter beskikbaar sodra die agterste sitplekke platgeslaan word). Die agterste laairuim is ook verlaag vanaf vorige modelle om die proses van in-en uit laai te vergemaklik.

Terselfdertyd is dit ook prakties in terme van brandstofverbruik met die voertuig wat ‘n kompeterende 6 liter per 100km gee.

Die Jazz Sport kom uit met sleutellose enjin aan- en afskakel tegnologie, bloutand, USB/HDMI konnektiwiteit, ‘n trurat kamera, en ‘n sewe-duim streelpaneel. In terme van veiligheid kom die Sport standaard met ses lugsakke, ABS en EBD, bult- stilstandhulp, sowel as voertuig stabiliteit hulp.

In terme van ander veranderinge, het die Sport ook baie goeie suspensie. Hoewel dit hard is (verstaanbaar vir die aard van die model), is dit sag genoeg om gemaklik deur knikke te gaan. Nuwe remdromme reg rondom die voertuig help ook die voertuig om goed tot stilstand te kom (ons toets: 3.74 sekondes en 43.19 m).

Ten slotte sal die Jazz Sport ‘n geweldige goeie pakket wees en ‘n jonger teikenmark trek, sou daar alternatiewe wees vir ‘n turbo-aangedrewe en handrat weergawe. Hoewel die Jazz uit ‘n praktiese oogpunt baie verbeter het, is dit steeds moeilik om na hierdie Jazz te verwys as ‘n ‘Sport’.

Met ‘Sport’ word daar verwag dat die bestuurder meer deelname in die voertuig se ryvernuf sou hê. Hierdie is presies wat die Civic Type R en ander kompetisie (in dieselfde prysklas) goed regkry. Met klein veranderinge sal Honda ook hierdie goed kan regkry met die Jazz Sport.



Die Civic Type R het beslis gewys dat Honda die kompetisie kan oortref. Dieselfde kan met die Jazz Sport gedoen word.

Honda het wel die nuwe Jazz Sport aan die mark bekend gestel sonder enige prys verhogings vanaf die vorige model. Teen R310 000 kan die Sport met ‘n vier jaar / 60 000km diensplan en vyf-jaar / 200 000km waarborg aangekoop word. Hierdie sluit ook ‘n drie-jaar AA padbystand pakket in.

Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media


Performance:

0-10km/h: 0,45 seconds
0-20km/h: 1,07 seconds
0-30km/h: 1,83 seconds
0-40km/h: 2,60 seconds
0-50km/h: 3,44 seconds
0-60km/h: 4,38 seconds
0-70km/h: 5,43 seconds
0-80km/h: 6,55 seconds
0-90km/h: 7,81 seconds
0-100km/h: 9,16 seconds
0-110km/h: 10,70 seconds
0-120km/h: 12,42 seconds
0-130km/h: 14,37 seconds
0-140km/h: 16,70 seconds
0-150km/h: 19,66 seconds

0-100m: 7,27 seconds @ 85,77km/h
0-200m: 10,90 seconds @ 111,22km/h
0-300m: 13,91 seconds @ 127,80km/h
0-400m: 16,59 seconds @ 139,56km/h

100-0km/h: 3,74 seconds @ 43,19 meters (once-off)
Maximum deceleration G-force: 1,05G

——————————-

0-10mph: 0,80 seconds
0-20mph: 2,00 seconds
0-30mph: 3,28 seconds
0-40mph: 4,82 seconds
0-50mph: 6,61 seconds
0-60mph: 8,67 seconds
0-70mph: 11,12 seconds
0-80mph: 14,09 seconds
0-90mph: 18,05 seconds

1/4 mile: 16,65 seconds @ 86,88 mph

Maximum acceleration G-force: 0,54G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment