‘n Uitblinker, wat mis gekyk word
Ons mees onlangse toets met die nuwe Misubishi Pajero Sport het as aangename verrassing gekom, veral nadat ons die voertuig op die grondpaaie van Malmesbury en die duine van Atlantis getoets het. Groot was ons bewondering vir hierdie voertuig en ons was bly om hom nou vir ‘n volle week in die stad te kon toets.
Op ons grondpad- en duin toets, het ons reeds vining gesien dat die nuwe Pajero Sport ‘n uitblinker sou wees. Met ongelooflike 4×4 vermoë and ‘n praktiese binneruim, is die Pajero Sport eintlik die ideale familie motor.
Natuurlik is almal nie gaande oor die nuwe agter ligte nie, wat vertikaal oor die lengte van die bakwerk strek. Loop egter rondom die voertuig en dit raak al mooier. Persoonlik is ek van mening (na aanleiding van wat ek ervaar het) dat die Pajero Sport se eintlike sukses mis gekyk word, deur net na die agterkant te kyk. Soos die Engelse gesegde gaan: “Don’t judge a book by its cover”. Tweedens, dis ook nie noodwendig jou probleem nie, maar net dié van selektiewe bestuurders wat agter jou in die verkeer sou sit.
Soos reeds genoem in ons vorige artikel (https://www.namwheels.com/special-test-mitsubishi-pajero-sport/) het die Pajero Sport uitstekend gevaar in die duine met tegnologie soos “Hill assist” en kraglewering teen lae revolusies, het elk van die agt voertuie nie een keer in die duine gaan vassit nie en kon ons selfs die grootste duine in die area teen ‘n baie lae- en rustige spoed uitry.
Tweedens was die binneruim goed uiteengesit met gemaklike leersitplekke, ‘n streelpaneel, bloutand, USB geriewe en ‘n trurat kamera. Alhoewel die streelpaneel handig is, moet ons bieg dat ander vervaardigers in die prysklas steeds voorloop met hierdie ontwikkeling.
Een kategorie, waar die Pajero Sport wel voorloop, is beenspasie en gemak. Met die derde ry in, is daar 193 liter kattebak spasie. Slaan die derde ry plat en dit vermeerder na 913 liter. Die derde ry, ander as meeste kan die kompetisie, kan egter ‘n 1.7 meter lange persoon met gemak huisves.
Die 2.4 liter enjin skop 133kW en 420Nm uit. Vir so ‘n (relatiewe) klein enjin, is kraglewering baie goed en bied dit selfs meer en onmiddelike kraglewering as die veel swaarder 3.2 en 2.8 kompetisie. Die 8-spoed outomatiese ratkas is ook baie sag en presies, met ratwisselings wat skaars gevoel- of gehoor word. Die enjin- en pad geraas is min binne die kajuit self en die voertuig voel solied op die oop pad.
Ons het twee brandstof toetse gedoen. Een hiervan was op ‘n 88km lange stadsverkeer roete. Hier het ons ‘n syfer van 8.7 liter /100km gekry. Op ‘n korter (25km) roete met druk verkeer en 14 robotte, het die syfer ietwat gestyg na 9.2l /100km.
Verkeer en stedelike toestande in ag genome, is hierdie brandstofverbruik baie goed vir so ‘n groot voertuig. Op die oop pad en teen ‘n gemaklike tempo van 2000 opm (120km/h) sal ‘n syfer van onder 8l/100km maklik behaal word.
Elk van hierdie bogenoemde is presiese uitkomstes, waaraan Mitsubishi baie hard gewerk het. Met vyf sterre vir veiligheid, grondpad funksionaliteit, goeie brandstof ekonomie en algehele stilte en gemak, het die Japanese vervaardiger hulself baie goed van hulle taak gekwyt.
Die nuwe Pajero Sport sal net in ‘n outomatiese weergawe vir beide die 4×2 en 4×4 uitkom. Met ‘n 3-jaar /100 000km waarborg en 5-jaar / 90 000km diensplan, sal die 4×2 verkoop word vir R569 995 en die 4×4 sal uitkom teen R599 995.
Vir ‘n voertuig met so baie funksionaliteit, word die Pajero Sport heeltemal mis gekyk. Op die oomblik blyk dit asof elke tweede kar op die pad ‘n SUV is, met elk van hierdie, wat van dieselfde vervaardiger kom.
Dit laat my ‘n bietjie dink aan my skool dae, waar jy onbewustelik gedwing is om dieselfde “cool” skoene of kosblik as die persone rondom jou te hê. Jy sou als gee om soos die ander te lyk, terwyl jy eerder dalk gemakliker sou kon loop of meer plek in die ‘ander’ kosblik sou hê vir meer toebroodjies, as daar net meer prakties gedink is.
Dit is dieselfde met die Pajero Sport. Dit mag dalk nie die SUV wees met die meeste eenhede op die pad nie, maar dit bly een van die beste opsies.
Teks: Franco Theron
Fotos: Galimoto Media
Performance:
0-10km/h: 0,39 seconds
0-20km/h: 0,93 seconds
0-30km/h: 1,63 seconds
0-40km/h: 2,60 seconds
0-50km/h: 3,57 seconds
0-60km/h: 4,74 seconds
0-70km/h: 5,90 seconds
0-80km/h: 7,29 seconds
0-90km/h: 8,99 seconds
0-100km/h: 10,72 seconds
0-110km/h: 12,80 seconds
0-120km/h: 15,20 seconds
0-130km/h: 17,93 seconds
0-140km/h: 20,92 seconds
0-150km/h: 25,28 seconds
0-100m: 7,41 seconds @ 80,41km/h
0-200m: 11,33 seconds @ 102,76km/h
0-300m: 14,58 seconds @ 118,02km/h
0-400m: 17,51 seconds @ 128,57km/h
100-0km/h: 3,18 seconds @ 44,83 metres (once-off)
——————————-
0-10mph: 0,70 seconds
0-20mph: 1,88 seconds
0-30mph: 3,35 seconds
0-40mph: 5,24 seconds
0-50mph: 7,43 seconds
0-60mph: 10,11 seconds
0-70mph: 13,41 seconds
0-80mph: 17,57 seconds
0-90mph: 22,59 seconds
1/4 mile: 17,57 seconds @ 80,01 mph
Maximum acceleration G-force: 0,63G
Altitude: 60m
All data captured by Racelogic® Performance Box