Padtoets: 2018 Volkswagen Arteon R-Line TSI

‘n Eksklusiewe voertuig met ‘n knippie “Golf R” sout

Ongetwyfeld, een van die mooiste sedan voertuie op die huidige mark, bied die nuwe Volkswagen Arteon baie meer as net ‘n mooi gesig.

Is dit die nuwe CC of Passat?

Die nuwe Arteon trek beslis aandag. Dit neem ook eksponensieel toe sodra die Golf R se ikoniese hoë revolusie dreuning deur die enjin klap kom (in Sport en met “launch control” ge-aktiveer).

Een vraag of opmerking maak gewoonlik sy verskyning na hierdie aanskouing: “Is hierdie Volkswagen se nuwe CC / Passat?” of “Sjoe, maar die Passat / CC het darem sexy geword”.

Hoewel dit baie se eerste gedagte sal wees, is die Arteon ‘n splinternuwe model op sy eie. Dit vervang wel die CC en Passat, maar is ook baie meer eksklusief. Volkswagen beplan om ‘n baie sterker aandeel in hierdie mark segment te hê.

Wat is die grootste verskil tussen die petrol en Diesel model?

Ons het reeds beide modelle op die bekendstelling getoets asook ‘n week lank met die diesel model gery. Ons het die diesel (130kW en 350Nm) geweldig geniet. Nie net was die enjin geweldig stil, met oorgenoeg wringkrag nie, maar het dit ook aan ons ‘n brandstof verbruik van 5.6 liter / 100km gegee.

Die petrol variant is egter ietwat meer kragtig met die Golf R se enjin, wat nie net die ikoniese brul uitbring in Sport nie, maar ook 206kW (teen 1700-5600 opm) en 350Nm uitskop. Skakel die enjin funksie oor na “eco” en “comfort” en dit sal moeilik wees om enige enjin geluid op te tel. Dit is eintlik die beste van albei wêrelde. Die brandstof verbruik is wel nie, met ‘n gemiddeld van 7.4 liter / 100km.

Natuurlik is die petrol R-Line pakket ook R50 000 duurder as die R-Line (diesel) pakket en R100 000 duurder as die Elegance (diesel) model.

Wat kry ek vir R700 000 (plus)?

Die petrol (TSI) R-Line Arteon word verkoop teen R699 900 (sonder ekstra’s), maar bied veel meer as die kompitisie teen ‘n fraksie van die prys.

Net meer as 2.8 meter lank, is die nuwe Arteon ‘n klas leier in terme van beenspasie (1 meter), gemak en kattebak spasie. Gepaard met die standard prys kom daar ook LED dagligte, 19 duim allooi wiele (alhoewel ons model die 20 duim opsionele ekstra opsionele wiele gehad het), sleutellose sluit funksie, ‘n wye streelpaneel (6.5 – 9.2 duim) en informasie sisteem, agt luidsprekers, ‘n AUX punt, USB konneksie, drie klimaatbeherings punte, bestuurs waarskuwings, voorste sitplek verhitting, die R-line sportiewe bakwerk, ‘n klein drukvlerkie en elektroniese sy spieeltjies.

Die TSI kom ook natuurlik met $Motion (vier wiel trek)  en ‘n sewe-spoed DSG ratkas (een meer as die diesel).

Dan is daar ook natuurlik die veiligheids pakket, wat Volkswagen bygevoeg het, maar hierdie het ons reeds in ons TDI artikel gedek.

R700 000 klink na baie, en dit is natuurlik ook, maar in vergelyking met die kompetisie, bied die Arteon soveel meer vir veel goedkoper. Die kar word ook natuurlik verkoop met ‘n vyf jaar / 90 000km diensplan, ‘n drie jaar / 120 000km waarborg en ‘n 12 jaar anti roes waarborg.

Waarom kies ons die Arteon bo die kompetisie?

Vir baie sal die logiese ‘opgradering’ na ‘n eksklusiewe sedan, een van die bekroonde Duitse vervaardigers wees en selfs uit Volkswagen se eie kamp. Die realiteit is egter dat die Arteon eintlik meer as net die “donker perd” is, maar eintlik die kroon in die donkerte steel.

Hoewel elke vervaardiger hul eie voor- en nadele het, het die Arteon net ‘n sekere karaktereienskap, wat die ander dalk mis. Die Arteon is ‘n kombinasie van als. ‘n Goeie prys, goeie brandstof verbruik, magdom been- en stoor spasie, sowel as ‘n ongelooflike stilte en kraglewering op die oop pad.

Teen 2.8m lank en 1.6m breed is die Arteon nie klein nie, dog voel dit soos ‘n Golf GTI in die stad. Dit is gemaklik om te bestuur.

Die keuse tussen die diesel en die petrol?

Hoewel die petrol enjin altyd die geveg van van onmiddelike kraglewering sal wen, moet ons bieg dat die diesel met hierdie spesifieke kombinasie bo uitkom.

Die Golf R dreuning skep karakter en laat jou innerlik giggel soos ‘n 15-jarige tiener, maar pas ongelukkig nie by die natuur van die Arteon nie. Die karakter van die Arteon is om meer stil (soos ‘n seiljag) te voel.

Tweedens is nie net die aankoop prys van die diesel model beter nie, maar ook die algehele onkoste van brandstof.

Beide van die R-line modelle is uitstekend in hul eie reg en moet beslis nie misgekyk word nie. Volkswagen het dit reg gekry om ‘n algehele pakket met baie karakter te skep, iets wat die Passat en CC beide dalk gemis het.

Teks: Franco Theron 
Foto’s: Galimoto Media 

Leave a Comment