Padtoets: 2018 Volkswagen Polo GTI

Volkswagen se nuwe warm luikrug

Daar is seker geen beter manier om hierdie artikel af te skop as om te sê dat die nuwe Volkswagen Polo GTI baie meer pret is as die vorige modelle, meer tegnologie bevat en selfs goedkoper is as die uittredende model. Hierdie is te danke aan Volkswagen se nuwe plaaslike aanleg in Uitenhage. Ons het die Polo GTI vir ‘n week gehad om die se keel so bietjie skoon te gorrel.



Met dieselfde enjin as een van ons gunsteling motors in 2017 (Volkswagen Golf GTI), word die nuwe Polo GTI selfs vinniger geskat as die groter ouboet. Hierdie is te danke aan die Polo se kleiner vorm en ook algehele gewig. Alhoewel selfs die gewig baie naby is aan dié van die Golf.

Die Golf GTI (7.5) het van 0-100km/h versnel in ‘n tyd van 5.9 sekondes, waar die nuwe Polo hierdie kafdraf in 6.44. Hoewel stadiger as die Golf, is dit steeds vinniger as die tyd van Volkswagen self. Dit is glad nie sleg vir ‘n 2 liter vier silinder TSI turboaangedrewe, 147kW en 320Nm enjin nie.

Veral as daar in ag geneem word dat die Golf GTI 22kW en 30 Nm meer krag het.

Skakel die “traksiebeheer” af en plaas jou linkervoet plat op die rem terwyl jou regtervoet die rewolusies laat klim en die Polo GTI gee daardie ikoniese “Launch Control” Volkswagen rasper-dreuning.

In terme van padhouvermoë is die Polo GTI net so ‘n fees om te bestuur as die Golf GTI (en selfs meer), te danke aan die gelyke wringkrag verplasing na die wiele wat die meeste krag nodig het deur enige draai. Plaas die verstellings oor vanaf “Eco” of “Comfort” na “Sport” en die harder suspensie verstelling sal maak dat die Polo net nóg meer vasklou aan die teer.

#Vrrrrpha

Algehele hantering is dan vanselfsprekend baie maklik met die Polo, wat glad nie moeilik is om te stuur, presies waar jy dit wil plaas nie. Daar is selfs ‘n subtiele ondertoon van die “koue brandstof druppels op die warm uitlaatpyp” of soos die Suid-Afrikaanse Minister van padveiligheid dit noem, #Vrrrrpha.

Hoewel die DSG ratkas wel baie handig was in die stad en teen ‘n meer kalm spoed, kon ons nie help om effe hierdeur gepla te word tydens ons spoedtoetse nie. Hoewel die bestuurder self die ratte kan verander met die ratwissel-kontroles agter die stuur, óf op die rathefboom, het die Polo ietwat gesukkel om die ratwisselingsbeheer oor te gee aan die bestuurder en wou dit self die taak verrig.

In die stad is die vering ietwat hard, maar hierdie kom as geen verrassing vir so ‘n warm-luikrug nie.

Met 18 duim lae profiel wiele is dit ook te verstane.

Die Polo GTI volg dieselfde ontwerp as die ander nuwe Polo modelle, wat ‘n nuwe “funky” multi-kleur afwerking aan die binnekant bevat. Nog aantrekkingspunte is die start/stop (sleutellose) beheer, leer bekleedte stuurwiel, ‘n aktiewe informasie stelsel (digitaal) agter die stuurwiel, sowel as ‘n massiewe streelpaneel in die middel met al die nodige konneksies (bloutand, USB, Apple Carplay ens.) Die aktiewe informasiesisteem en sentrale streelpanel is egter addisionele ekstras.

Die Alcantara materiaal bekleedsel van die sitplekke dra ook by tot die sportiewe gevoel, met “lumbar” ondersteuning, wat natuurlik ook bydra tot ‘n veel gemakliker sit postuur. Volle leer bekleedsel is natuurlik ook beskikbaar vir hierdie model.

Hoewel die DSG ratkas dalk nie altyd na ons wense was nie, het die Polo GTI ongelooflik goed bestuur. Nie net voel dit soos ‘n Golf GTI nie, maar is dit ook selfs net so vining en makliker om te bestuur. Die goedkoper prys en meer jeugdige ontwerp sal hierdie Polo ook beslis ‘n groot aantrekkingspunt maak vir die jonger generasies.

Soos reeds genoem is die nuwe Volkswagen Polo GTI selfs goedkoper as die uittredende model teen R375 900, wat glad nie ‘n slegte aanbod is nie, inaggenome van al die standaard insetsels, sowel as ‘n drie-jaar / 120 000km waarborg en drie-jaar/ 45 000km diensplan.

Die nuwe Volkswagen Polo GTI is sowaar is voorloper in die warm luikrug mark!

Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media


Performance:

0-10km/h: 0,51 seconds
0-20km/h: 1,06 seconds
0-30km/h: 1,57 seconds
0-40km/h: 2,12 seconds
0-50km/h: 2,67 seconds
0-60km/h: 3,22 seconds
0-70km/h: 3,87 seconds
0-80km/h: 4,67 seconds
0-90km/h: 5,54 seconds
0-100km/h: 6,44 seconds
0-110km/h: 7,46 seconds
0-120km/h: 8,66 seconds
0-130km/h: 10,03 seconds
0-140km/h: 11,50 seconds
0-150km/h: 13,07 seconds
0-160km/h: 14,92 seconds

0-100m: 6,44 seconds @ 100,02km/h
0-200m: 9,59 seconds @ 126,81km/h
0-300m: 12,24 seconds @ 144,90km/h
0-400m: 14,61 seconds @ 158,48km/h

100-0km/h: 2,92 seconds @ 37,22 metres (once-off)
Maximum deceleration G-force: 1,11G

——————————-

0-10mph: 0,86 seconds
0-20mph: 1,70 seconds
0-30mph: 2,55 seconds
0-40mph: 3,50 seconds
0-50mph: 4,71 seconds
0-60mph: 6,12 seconds
0-70mph: 7,77 seconds
0-80mph: 9,88 seconds
0-90mph: 12,23 seconds
0-100mph: 15,09 seconds

1/4 mile: 14,66 seconds @ 98,63 mph

Maximum acceleration G-force: 0,58G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment