‘Gemak en sport’ is beslis nie beste vriende nie, maar…
Geklee met pik swart 19 duim wiele, ‘n meer sportiewe bakwerk en sekerlik die wêreld se mees gemaklikke sitplekke. Dit is hoe ek onmiddelik aan die nuwe Ford Kuga ST-Line dink.
Sportsnuts voertuie is vir ‘n geruime tyd al die status quo in Suider-Afrika en deesdae word daar meer klem geplaas op die “sport” gedeelte van die segment. Die ST-Line het net mooi op die regte tyd gekom. Slegs dae nadat ‘n Koreaanse vervaardiger hulle nuwe Sport-sportsnut voertuig model bekend gestel het.
Die woord “sportief” word deesdae ietwat te vining aan ‘n voertuig naam geheg, terwyl dit eintlik glad nie die geval moet wees nie. Ons het juis hierdie verwagting gehad soos ons die ST-Line vir die eerste keer onder die oog gekry het.
Met ‘n enjin kapasiteit van 500cc meer as die gewone 1.5 TDCi model, kom die 2-liter Turbo-petrol ST Line Kuga met vierwieltrek, 132kW (44kW meer as die 1.5) en 400Nm (130Nm meer as die 1.5).
Dalk het ons te vinnig die boek aan sy voorkoms veroordeel.
Die nuwe ST-Line haal immers die 100km/h merk in ‘n skrale 7.85 sekondes. Boonop het dit ‘n verbeterde 6-spoed outomatiese ratkas en verbeterde rygemak. Die enigste nadeel is natuurlik die brandstof ekonomie, wat nader aan die 6 liter per 100km draai. Nietemin, vir ‘n voertuig met hierdie status, is hierdie verbruik uiters goed (Die swaarder verbruik is te danke aan ‘n groter enjin en 150kg ekstra).
Nes die ‘gewone’ Kuga, kan die ST-Line ook omdraai met ‘n 5.57m radius, kan dit 456 liter bagasie bevat (1,653 liter met die agterste ry sitplekke opgeslaan), en kan dit 1,600kg sleep.
Dit kom ook met elektroniese kragstuur, voor- en agter lugsakke, ABS, automatiese hoofligte, dagligte, elektroniese rem hulp, ESP, bult stillstand hulp, ISOFIX punte, elektriese vensters, donkerder vensters, ‘n trurat kamera, 12V punte in die kattebak, spoed beheer, dubbele klimaat beheer, sleutellose aanskakeling, ‘n Ford SYNC 3 sisteem met 2 USB poorte, ‘n uitmiuntende SONY klank sisteem, en ‘n 8 duim streelpaneel (die laasgenoemde is egter opsioneel).
Verder kom die voertuig, nes die 1.5 Kuga, met ‘n vier-jaar 120,000km waarborg, ‘n vyf-jaar / onbepaalde aantal km roes waarborg, drie-jaar / onbepaalde aantal km padlangse bystand, en ‘n diensplan van ses-jaar / 90,000km.
Anders as die gewone 1.5 TDCI (Trend), kom die ST-Line met opsionele 19 duim allooi wiele (235/45 R19), uiters gemaklike leer sitplekke, ‘n voet beheerde kattebak deur, LED agterligte, parkering waarskuwing, en ‘n prys van ongeveer R160,000 meer.
Ons toets eenheid het natuurlik meeste van die opsionele ekstras gehad met ‘n elektroniese panoramiese sondak, otomatiese hooflig verstelling, Bi-Xenon hoofligte, baan verwisselings bystand en die 19 duim allooi wiele.
Is die Kuga ST-Line egter die prys verheffing werd? Wel, die Kuga ST-line is miskien nie so sportief soos die naam verwys nie, maar met vier-wiel trek en algehele ontwerp, kan ons nie die opsie van die ST-line weghou nie.
Teen R570,000 is die ST-Line nie die goedkoopste sports nut voertuig op die mark nie, maar bied dit dalk een van die beste opsies om jou nuttige voertuig ‘n bietjie meer sportief te maak. Opsionele ekstra’s soos die 19 duim wiele, sowel as die panoramiese sondak is tien-teen-een nie doodsake nie en hoef nie noodwendig bygekoop te word nie.
As standaard pakket, bied die ST-Line ‘n baie goeie opsie en laat ons dit maar nou weereens bevestig. Ford het heel moontlik die wen-resep opgetoor met hul leer sitplekke. Hierdie is deur meer as een van ons joernaliste bevestig.