Padtoets: 2019 Ford Ranger Raptor

Vir vele stedelike inwoners is daar nie veel aanloklikheid rakende bakkies nie… en met goeie rede. Behalwe vir die duursame V6 bakkie hier en daar, is die natuur van hierdie tipe voertuig onprakties vir die stad. Breed, harde vering en ‘n tekort aan ‘n kattebak is maar net sekere van die probleme. Tot onlangs is die bakkie (of die “pickup” in Engels) gesien as ‘n voertuig vir die plaas en werkverrigting. Die klem word ergter hier geplaas op ‘tot onlangs’…



Ford het dalk die ideale oplossing gekry om iemand nie twee keer te laat wonder oor die aankoop van ‘n bakkie nie.

Met die koms van Ford se nuwe Ranger Raptor het baie dit verklaar as net nog ‘n bakkie met hoër suspensie en ‘n meer aggressiewe bakwerk. Direk hierna, het Ford ons ook verwittig dat die Raptor die nuwe Wildtrak se 2.0 liter bi-turbo diesel sal dra, en nie die normale V6 of geharde V8 enjin nie.

Intussen is dit in die lig geplaas dat Ford dalk teen 2021 juis na ‘n ses silinder weergawe sal oorskuif. 

Kom ons gebruik egter hierdie geleentheid om te verduidelik waarom die huidige Ford Ranger Raptor 2.0 liter bi-turbo, een van ons gunsteling bakkies is.

Waarom sal ek ‘n Rottweiler wil koop, wat so rustig is soos ‘n Labrador?

Dit is juis hier, waar vele se misinterpretasie inkom.  Ja, die huidige Ranger Raptor mag dalk saggies “blaf”, maar met 157kW (3,750 opm) en 500Nm (1,500-2,000 opm) het Ford dalk net mooi die spyker op die kop geslaan.

Met ‘n 10-spoed outomatiese ratkas is die Raptor se revolusies laag genoeg (op die oop pad) om die brandstof vlakke rustig te hou, sowel as om die baba in die agterste ry aan die slaap te bring. Kies egter die “Sport” funksie en die persoonlikheid van die Raptor verander hand-omkeer.

Met ses verskillende funksies, is die Ranger Raptor soos ‘n kat met ‘n persoonlikheidsversteuring. Die mees ekstreme hiervan, natuurlik die ‘Baja’ funksie.

Is die Ranger Raptor enigsens anders as ‘n ander bakkie?

Enigiemand wat hierdie Suid-Amerikaanse snelren dophou, sal weet dat renjaers teen hoë spoed oor verskeie grond-oppervlaktes jaag. Kyk selfs na die Suid-Afrikaanse veldren kampioenskap om inspirasie te kry.

Hierdie spoed sal nie sommer met jou normale plaas-bakkie op die grondpad gehandhaaf kan word nie!

Die Ranger Raptor se onderstel is spesifiek ontwerp om ietwat meer te handhaaf as die normale voertuig. 51mm Hoër, ‘n ekstra wielsporing van 150mm en ‘n ryvlak hoogte van 283mm maak dat die Ranger Raptor veel meer stabiel en gemaklik voel op ongeteerde paaie. Natuurlik kom die Raptor ook met 4×2, 4×4 en kruiprat.

Die 285/70 (17-duim) BF Goodrich All Terrain bande, nuwe kronkelvering en FOX skokbrekers het ook te doen hiermee. Hierdie laat toe dat die voor- en agterwiele met onderskeidelik 32% en 22% meer kan strek.

Die Raptor kom ook met magnesium trappe, wat veral help dat klippe dit nie beskadig nie.

Gooi die Ranger Raptor skerp in ‘n sand- of modder bank en die bogenoemde aanpasings sal help om elk van die vier wiele ten volle op die grond te hou.

Hiermee tesame skop die enjin net mooi genoeg krag uit om die voertuig nie vas te grawe nie, maar ook te laat sukkel om traksie uit die modder of sand te kry nie.

Een nadeel is dat die Raptor egter ietwat minder as die Wildtrak kan sleep (3,500 vs 2,500kg).

So die Ranger Raptor is goed op enige ander terrein, maar wat van die teerpad?

Hoewel die Ranger Raptor veel groter is as enige ander Ranger, is dit steeds nie ongemaklik vir die stedelike gebruik nie. Ja, dit mag dalk intimederend lyk vir ander motoriste; maar dit is ook nie onmoontlik om in knap parkeer spasies in te ry nie. Hierdie is te dankie aan Ford se SYNC 3 sisteem met ‘n trurat-kamera en ‘n geweldige goed-reaggerende stuur kolom.

Op die oop pad hanteer die Ranger Raptor selfs beter as die nuutste Wildtrak en bied dit meer stabiliteit sowel as (en baie ironies) minder wind en padgeraas.

Die Ranger Raptor kan ook ‘n goeie familie voertuig wees met uitstekende beenspasie (voor- en agter), sowel as die nuutste SYNC 3 tegnologie soos Bloutand, Apple Carplay en Android Auto, twee USB poorte, leer sitplekke en dubbele klimaat-beheer.

Nie veel swaarder as die Wildtrak i.t.v. brandstof nie, gee die Raptor ‘n gemiddelde brandstof-verbruik van 9.6 liter per 100km. Te danke aan ‘n 80 liter brandstof tenk, behoort dit die voertuig oor ‘n afstand van 900km te kan neem.

Hoe veilig is die Raptor?

Ford se Ranger reeks het ‘n NCAP gradering van 5 en die Raptor is geensins anders. Met funksies soos EBD, ABS, stabiliteits beheer, sewe lugsakke en traksie beheer, is die Raptor net so veilig soos die gewonde Wildtrak.

Oor die afgelope paar weke, het ons die geleentheid gehad om die Ranger Wildtrak, sowel as die Kuga ST-Line te toets. Hoewel elk van die drie ons verras het, was die Raptor die uitstaander.

Teen R803,300 (4-jaar / 120,000km waarborg; 6-jaar / 90,000km diensplan) bied die Raptor veel meer as die kompetisie en staan dit tans kop-bo-skouers bo alle ander bakkies. Nie net is dit ‘n uitmuntende werks-voertuig nie, maar is dit enorme pret asook ‘n wel-toegeruste familie-voertuig.

Ek self moet erken dat ek een van die individue was wat twee keer na ‘n bakkie sou kyk en eerder ‘n sportsnuts-voertuig sou aanskaf. Die Ranger Raptor het egter my persoonlike persepsie geweldig verander en het een van die top plekke in my droom-motorhuis geneem.


Leave a Comment