Padtoets: 2020 Suzuki Spresso

Suzuki bied ‘n “wakker” alternatief vir die intree segment

In ons Namibiese / Suider-Afrikaanse mark doen klein en bekostigbare luikrug voertuie uiters goed, waarvan die Renault Kwid, Datsun Go, Peugeot 108, Mahindra KUV 100, Hyundai Atos en Toyota Aygo maar net sommige van die top-verkopers is. Suzuki is die mees onlangse vervaardiger wat nou ‘n voertuig ingebring het om in die segment mee te ding.



Hoekom moet ek dan hierdie artikel lees?

Sekerlik gaan die Suzuki S.presso dieselfde tik op die vingers kry as die Renault Kwid en Datsun Go…

Nie regtig nie. Inteendeel, hoewel die S-presso goedkoper is as beide die Kwid en die Go (en nog nie ‘n ‘Global NCAP’ gradering het nie) bied Suzuki ‘n veel beter pakket.

Van die oog af mag die kompetisie miskien beter lyk… selfs aan die binneruim bied die kompetisie ‘n beter beeld vir die oë. Die S-presso, Go, Kwid, 108, Atos en KUV100 moet eers werklik getoets word voordat die S-presso as die uitblinker gesien kan word.

Gelukkig het ons gedurende die afgelope nege maande elk van die bogenoemde kompiteerders goed getoets om die volgende stellings met sekerheid te maak.

‘n Lelike eendjie, maar met baie om te bied!

Daar word nie veel verwag van ‘n nuwe voertuig wat tussen R134,900 en R147,900 kos nie, selfs as die aankoop ‘n 5-jaar / 200,000km waarborg, 2-jaar / 30,000km diensplan en ‘n 1-jaar gratis versekerings-polis insluit.

Ons moet egter bieg dat ons al slegter produkte ontmoet het, selfs teen R50,000 meer.

Met ‘n 1-liter, 3-silinder enjin, wat ‘n skrale 50kW en 90Nm sonder turbo-aanjaer verskaf, is die krag-lewering redelik onmiddelik. Hierdie mag dalk te danke wees aan die S-presso se gewig van net 770kg. Die ratse 5-spoed handrat is ook egalig en glad nie moeilik hanteerbaar soos in baie van die kompetisie nie. Natuurlik tel hierdie ook in die guns van algehele brandstof-verbruik, wat teen 5.0 liter / 100km inkom.

Die stuur is wel effe stadig om te reaggeer, maar weereens, meer spoedig as die kompetisie. Soortgelyk is die rem-aksie.

Behalwe vir die dun 14-duim wiele asook die bonkerige bakwerk en 180mm grond hoogte, wat nie ideaal is in sterk kus-winde nie, ry die Spresso eintlik heel gerieflik. Baie meer gemaklik as wat iemand sou verwag van hierdie prysklas.

Verder is die S-presso se draai-sirkel baie knap, wat sou help indien daar enige gymkhana-bewegings sou moes uitgevoer word in die winkelsentrum parkeer-terein.

Natuurlik is daar ‘n paar ander nadele, soos die feit dat die S-presso dalk nie die ideale sitplek-posisie vir ‘n langerige bestuurder mag hê nie. Verder is die klank ook nie ideaal nie, en kan windgeraas van tyd tot tyd die oorheersende ‘musiek’ verskaffer in die kajuit wees.

Bygesê, was beide die eerste en tweede sitplek rye baie gemaklik vir my (1.7 meter) en was daar oorgenoeg beenspasie in die agterste ry om gemaklik ‘n koppie koffie te kon drink. In die kattebak bied die S-presso 239 liter se spasie, wat effens minder is as dié van die meeste kompetisie.

Die instrument-paneel voor is nog ‘n twis-punt, siende dat die digitale spoed-meter in die middel sit, inplaas van voor die bestuurder. Hoewel dit makliker is vir beide lang- en kort bestuurders, moet die bestuurder egter hul oë vir effens langer vanaf die pad neem om na die spoed te kyk.

Die S-presso kom ook met ‘n 7-duim streelpaneel met Android Auto / AppleCarPlay, sowel as ‘n USB- en 12V laai punt. Kopers sal ook toegerus word met lugversorging, trurat kamera, trurat parkering-sensors sowel as elektriese vensters.

In terme van veiligheid kom die S-presso met ABS en elektroniese rem-verspreiding, sowel as twee voorste lugsakke. Globale NCAP toetse sal egter nog die veiligheid van die voertuig moet bepaal.

Ten slotte, was ons baie verbaas met die rit kwaliteit van die S-presso.

Dit is nog meer verbasend, wanneer dit in ag geneem word dat hierdie tans een van die goedkoopste nuwe voertuie op die mark is.

Leave a Comment