Dit is die jaar 2021 en ons het twee pandemies wat ons in die gesig staar. Die eerste is natuurlik die COVID-19 virus, terwyl die motor-bedryf met ‘n nog ‘n drukkende pandemie sit. Nes die tekort aan elektroniese “chips” ‘n kopseer vir motor vervaardigers veroosaak, bleik dit dat daar ook ‘n globale tekort aan normale silwer of grys wiele is.
Dus het omtrent elke tweede nuwe Sportsnuts voertuig (SUV) swart wiele. Enige SUV eienaar, wat gereeld die grondpad of die bosveld aanpak sal vining wees om te noem wiele op hierdie oppervlak baie maklik krap en dat ‘n swart wiel dit die vinnigste sal vertoon. Die probleem eindig egter nie hier nie…
Met die aanvraag na hoër ryvlakte om veiliger te voel, gebeur juis die teenoorgestelde. Met algehele gewig, wat na hoër skuif, is hierdie voertuie geneig om meer onstabiel te wees, mits dit nie die regte suspensie het nie. Met ‘n fokus op die “Sport” gedeelte van SUV, raak bandprofiele laer en die suspensie harder. Sonder om te veel in diepte te gaan kan daar maar net genoem word dat hierdie ‘n resep vir ‘n ongeluk is.
Gelukkig het Toyota realisties gebly in hierdie verband. Die Land Cruiser Prado het nie lae-profiel bande nie, het ‘n uitstekende suspensie en het net genoeg krag om 3 ton te trek en gemaklik die langpad aan te durf. Dit is ook goedkoper as enige “Sports” SUV en kan ‘n grond- of modder-pad aandurf met gemak; te danke aan ‘n 220mm ryvlak.
Die feit dat Toyota ook die nuwe Prado verkoop sonder swart wiele, beteken dat hierdie produk dus onmiddelik vertrou kan word. Ek vertrou nie sommer ‘n SUV met swart wiele nie. Dis asof hierdie kleur (in meeste gevalle) die voertuig se algehele probleme onmiddelik kan voorspel.
Die koms van die die eerste kouefronte langs die Weskus van Suider-Afrika, om die winter te verwelkom, het met dit ‘n magdom reën gebring. Nadat my kantoor ure afgehandel was, het ek die Prado vir swemlesse geneem in naby geleë modder baddens. Iets wat ek nie sommer met dieselfde gemak in ander SUV’s sou aanpak nie.
Met 150kW (teen 3000 tot 3400 opm) en 500Nm (tussen 1600 – 2800 opm), vier-wiel trek, ‘n ses-spoed outomatiese ratkas, verstelbare ryvlak-hoogtes en kinetiese hidroliese suspensie (KDSS), was die mooi gewasde Prado binnekort vol modder.
Met sewe sitplekke (drie rye) en 974 liter se pakplek (met vyf sitplekke opgeslaan) en 104 liter as al die sitplekke opgeslaan is, het insittendes in al drie rye genoeg beenspasie. Sou dit egter te min wees in die derde ry, kan die tweede ry na vore geskuif word. Elk van die drie rye het ook lug panele, met die twee voorste sitplekke, wat ook verkoel en verhit kan word. ‘n Koelboks tussen die voorste twee sitplekke sorg ook dat koeldranke goed verkoel kan bly.
In terme van tegnologie aan die binneruim, word net een skrale USB skakel verskaf, maar kan Android Auto en Apple CarPlay ook met of sonder ‘n kabel gekoppel kan word.
Laastens kan die Prado VX-L met ‘n algehele brandstof-verbruik van 10 liter per 100km (9 op die oop pad) ook ‘n reuse afstand aflê, te danke aan die enorme 150 liter tenk.
Opsomming
Die nuwe Prado mag dalk groot en ietwat meer ongemaklik voel as die (ironies genoeg) groter Land Rover Defender. Terselfdetyd is die lugsuspensie in die Defender ook sagter en die tegnologie aan die binneruim meer op datum.
Een oorhewende plus punt bly egter staan met die Prado. Nie net is dit goedkoper in meeste gevalle as die kompetisie nie (R1 127 900), maar verskaf die 2.8 liter enjin ook net soveel krag en gemak as die ouer V6 enjin.
Toyota het met die Prado weg gebly van die rooi tapyt en eerder ‘n produk ontwikkel, wat net so betroubaar soos die vorige Prado’s is. Sou die volgende model meer tegnologie aan die binneruim hê, sal die Prado beslis as een van die voorstaanders bly as ‘n lang-termyn produk.