Daar is ‘n goeie rede, of laat ons eerder sê redes , waarom Volvo in 2018 as die Wêreld voertuig van die jaar bekroon is. Die mark is hedendaags propvol SUV’s. Sommige kan skaars op ‘n sypaadjie klim, terwyl ander uitdagende grondpaaie kan aandurf met gemak…
Volvo se XC60 neig nie net meer na die laasgenoemde nie, maar dien ook as ‘n uitstekende stedelike voertuig. Ons onlangse toets met die D5 model het ons net weereens herinner aan die vervaardiger se briljante ontwerp.
Na vele jare, waar Volvo redelik stil was, vind al hoe meer van die Sweedse voertuie (nou in besit van Geely), huise. Nie net was die XC40 al benoem as ons eie 2017 en 2018 motor van die jaar nie, maar is dieselfde sentiment opgeneem deur die Wêreld vortuig van die jaar, asook die Nasionale voertuig van die jaar panele.
Neem ‘n stappie op en die XC60 is selfs beter. Kombineer dit met die D5 enjin en jy het die perfekte resep. Die 2-liter 4-silinder turbo-diesel enjin verskaf 173kW (teen 4000 opm) en 480 Nm (tussen 1750 en 2250 opm). ‘n Agt-spoed outomatiese AWD ratkas help ook om om ‘n egalige en sagte rit te verseker. Terselfdetyd lewer die voertuig ‘n algehele brandstof-verbruik van 6.1 liter / 100km. Innaggenome dat die XC60 ‘n tenk volume van 71 liter het, sal hierdie voertuig net meer as 1100km kan aflê.
Die ontwerp van die voertuig is modern; met die ikoniese Thor-LED dagligte, groot 20-duim wiele en LED agterligte, gemeng met chroom. Terwyl die XC60 ‘n nie-aggresiewe teenwoordigheid het, is dit tog ‘n voertuig wat onmiddelik koppe laat swaai.
Binne het die XC60 ‘n enorme 22cm raakskerm, sowel as stop-start funksionaliteit en blinde kol waarskuwings. Die stedelike veiligheids-pakket word ook as standaard ingesluit en help om moontlike stedelike ‘ongelukke’ te verhoed.
Verder word die volgende standaard funksies ook bygevoeg:
- Digitale padteken monitor en waarskuwings
- Trurat parkering bystand
- ‘Volvo on Call’
Ons toetsmodel, wat as standaard teen R935 200 verkoop word, is met R161 100 se ekstras aan ons gegee. Hierdie het die Inscription Premium pakket ingesluit, wat teen R77 750 die volgende funksies bybring:
- Verhitte voor sitplekke
- Hooflig wassers
- ‘n 360-grade kamera
- ‘n Bowers & Wilkins klank sisteem
- Blindekol informasie sisteem
- LED hoofligte met buigbare ligte
- Parkerings bystand
- Slimfoon konnektiwiteit deur middel van USB
- Sleutellose toegang
- 20 duim “Black diamond” allooi wiele
Verder het die R25 750 bestuurder-ondersteunings-pakket ook verstelbare spoed beheer ingesluit terwyl ‘n panoramiese sondak (R19 500), ‘n 230V kragpunt (R1 550) en metaalagtige verf (R5 950) ook as individuele opsies ingesluit.
Ons het egter die lug-suspensie die meeste geniet en sal hierdie hoogs aanbeveel teen R26 750. Op beide die oop- en grondpaaie, word enige knikke ten volle absorbeer.
Met ‘n totale lengte van 4688 mm en ‘n breedte van 1902mm, het die XC60 meer as genoeg been-spasie in beide van die sitplek rye. Soortgelyk is daar ook oorgenoeg bagasie spasie in die agterruim. Skakel die voertuig af en die verstelbare lug-suspensie sal die voertuig laat sak en sodoende enigiemand help, waat swaar of ongemaklike items in die kattebak te laai.
Die D5 enjin in hierdie XC60 is miskien nie die haastigste nie, maar sit genoeg krag oor na al vier wiele om ‘n plesierige, dog ekonomiese rit te bied.
Teen die prys (insluitend met ‘n 5-jaar / 100 000km waarborg en diensplan) soos getoets is die XC60 ietwat duur, maar kan ons met sekerheid waarborg dat dit met goeie rede is.