Welkom aan Lexus se kleinste Sportsnuts voertuig; die UX 250. Hierdie een is ook die hibriede weergawe en kompiteer met voertuie soos die Volvo XC40, Mazda CX3, Mercedes-Benz GLA, en BMW X2. Gedurende ons onlangse toets hiermee het ons dit op die langpad, die stad, sowel as grondpaaie getoets.
Toyota se premium handelsmerk vervaardig nie meer gewone petrol / diesel UX modelle. Pleks daarvan bring Lexus net hierdie modelle uit as hibriede modelle. Hierdie maak sin, siende dat die battery sisteem goed gepas is vir stedelike ritte, waar die voertuig eintlik meeste van die tyd sal spandeer. Neem dit egter op die oop pad en die 2.0l turbo petrol enjin is goed gepas om ’n gemaklike rit te verseker.
Hierdie enjin skop dus 135kW en 180Nm uit, en word aangedryf deur ’n stil en egalige eCVT (outomatiese ratkas). Met die hibriede sisteem, wat meestal in die stad oorneem teen lae spoed, was ons algehele brandstof verbruik tydens die week lange toets net onder die 7 liter per 100km.
Hiermee moet ons bieg dat dat meeste van hierdie verbruik spandeer is op die oop pad, en die grondpad, waar hibriede sisteme egter nie so effektief is, in vergelyking met die stadige en stop-staan natuur van stedelike verkeer nie.
Dit het ons egter die geleentheid gebied om te sien of die UX250h oor die geheel ’n goeie voertuig is. Op die lang pad is die UX 250h uiters gemaklik en skakel dit onwetend oor tussen die petrol enjin en die elektriese sisteem. Binne die voertuig self is dit stil, met baie min band geraas, wat deurkom. Soortgeluk was die voertuig ook meer as gereed om enige stadiger verkeer verby te neem op die langpad; met geen kraglewering vertragings nie.
Die ware toets was egter die grondpad, siende dat SUVs gebou word vir daardie eenmalige grondpad ekskursie, waarmee stedelinge hulself baie keer bevind. Hier het die UX 250h ons geweldig verras met die sagter vering, wat die rowwer terrein ’n fees gemaak het. Te danke aan die 160mm grondvlak hoogte, was die UX 250h ook gereed om die klipperige gedeeltes van die grondpad met gemak aan te pak.
Die UX 250h is ook geen lelike eendjie nie, met LED hoofligte en L-vormige dagligte. Die F-Sport model kry ook 18 duim allooi wiele by. Binne word die F-Sport model ook toegerus met ’n leer bekleedte stuurwiel met pedaal rat wisselaars, en aluminium voet pedale.
Een punt van kritiek met die die UX is dat daar geen raakskerm is nie. Pleks daarvan kan die informasie skerm met ‘n (kom ons noem dit) streelpaneel hanteer word om vuil vingermerke teen die raakskerm te vermy. Terwyl hierdie ’n goeie konsep is, moet ons bieg dat die streel paneel ietwat sensitief is en dus meer die oog kontak en aandag vanaf die pad, na die paneel verskuif.
Verdere kritiek is dat die kattebak, teen 265l, bitter klein is. Vele intreevlak luikrugte bied tans kattebak spasies van 300 liter of meer. Soortgelyk is daar ook geen spaarwiel nie.
Uiteindelik is die Lexus UX 250h gemik op stedelike pendelaars. Die voertuig is uitstekend as dit kom by brandstof verbruik, sowel as langpad gerief. ’n Langpad ekskursie met 4 persone, mag egter bevraagteken word, veral as daar baie bagasie saamgeneem word en daar geen dakrak byderhand is nie.
Die Lexus UX250h is steeds egter een van die mees bekostigbare luukse hibriede model reekse tans op die pad. Gepaard met ‘n 7-jaar / 105 000km waarborg en diensplan, bied die UX250h goeie waarde vir geld.
Die UX 250 reeks word teen die volgende pryse verkoop:
- Lexus UX 250h EX : R 775 200
- Lexus UX 250h SE: R 857 200
- Lexus UX 250 Sport: R 910 000