Klein EVs nou vir onder die R1 miljoen merk
Kopers het deesdae meer keuses tussen elektriese voertuie (EV), terwyl hierdie voertuie ook kleiner en goedkoper word. Net so verbreed die laai infrastruktuur ook. Hierdie is grootliks te danke aan die Sjinese se invloed. EV produkte word nie meer net aan die eksklusiewe mark gebied nie.

Daarmee gesê is die reikafstand van hierdie voertuie nog ‘die ‘n groot kommer, dog het Volvo onlangs die nuwe EX90 bekend gestel; ’n voertuig met 7 sitplekke en 600km se reikafstand. Hierdie voertuig behoort vroeg in 2025 aan te land.

Vir nou kyk ons egter na die kleiner GWM Ora 03, sowel as die kleiner Volvo; die EX30. As stedelike voertuie maak hierdie absoluut sin. Binne- en tussen stede word daar selde benodig om meer as 250km op een slag te bestuur.
Hier kom die sub-R900 000 EVs in.

Die Ora 03 is die Sjinese se nuutste (sowel as die goedkoopste) EV op die plaaslike mark. Geprys tussen R686 950 tot R835 950 sal kopers die keuse kry tussen ’n reikafstand van 310 tot 420km. Elk word gedryf deur ‘n 64kWh of 67kWh battery, wat elk 126kW en 250Nm uitskop. Bygesê sal dit minder as 7 ure neem om die 67kW battery van leeg tot vol te laai op ‘m 11kW huis laaier.

Laai dit by ’n publieke DC punt teen 22kW en dit sal net meer as 3 ure neem. Die geheim sal egter wees om dit net tot by 80% te laai. Die gebruiker sal ongeveer 45 minute wen, siende dat die laast 20% altyd die langste neem, ten einde om die battery te beskerm.

In terme van algehele battery ekonomie en reikafstand sal ons eerder die twee middelste modelle verkies. Die 400 Super Luxury model kos R775 950, terwyl die 400 Ultra Luxury R805 950 kos. Beide sal ’n reikafstand van 420km kan behaal. Die veel duurder 400GT Ultra Luxury is na ons mening maar net kosmeties aangepas, terwyl die reikafstand met 20km vermider is; en die prys verhoog na R835 950.

Dit bring ons by die Volvo EX30. Hierdie voertuig is baie vinniger van stilstand tot 100km/h (3.6 sekondes) en het ’n reikafstand van 480km. Hierdie is egter vir die dubbele motor modelle. Ons verkies die enkel motor modelle, wat ’n reikafstand van 380km het en 0-100km/h in 5.7 sekondes kan bereik.

Waar die Ora 03 in vier model spesifikasies verkoop word, word die enkel motor EX30 in drie modelle verkoop; naamlik die Core (R791 900), die Plus (R917 900), sowel as die Ultra (R1 023 900).

Die enkel motor modelle het ook 200kW en 343Nm se krag, terwyl die dubbele motor modelle ietwat te veel het teen 315kW en 543Nm. Terselfdetyd het die enkele motor ook ‘n 51kWh battery, wat vermeerder kan word na 69kWh.

Die grootste verskil tusssen hierdie twee voertuie is dat die Volvo modelle egter vinniger kan laai. Terwyl die Ora 03 net tot en met 67kW gelaai kan word (GridCars het beide 22kW en 60kW DC laaiers landwyd), kan die elkelmotor EX30 gelaai word teen 134kW, terwyl die dubbele motor EX30 op Audi/Rubicon se nuutste 150kW laaiers geplaas kan word.

Terwyl die Ora 03 veel kleiner as die EX30 lyk, staan beide voertuie egter ewe lank (ongeveer 4.23m) en breed (1.8m), terwyl die Ora 03 sowat 50mm hoër staan. Die Volvo EX30 kan egter 318L se bagasie neem (net 228 in die Ora03), terwyl dit vermeeder kan word na 904L (858L in die Ora 03) met die tweede ry sitplekke afgeslaan.

Beide voertuie het egter uitstekende beenruimtes, beide voor en agter. Albei voertuie neem ook die Tesla beginsel aan, waar daar geen knoppe is nie, maar eerder waar als vannaf die raakserm gedoen word. Bygesê is die Volvo se raakskerm ook sowat twee duim grootter (teen 12.3 duim), terwyl die Ora 03 ’n instrument-kluster ook bykry.

Beide voertuie is ook baie eenders as dit kom by draadlose laaipunte, stem beheer, ‘n 360-grade trurat kamera, outomatiese spoed beheer, lugversorging en leer sitplekke. Die EX30 het egter 4 USB punte, terwyl die Ora 03 net twee het.

Beide voertuie het ook 7 lugsakke, ABS met EBD, elektroniese stabiliteits beheer, en telke waarskuwings sensors.
Beide voertuie kom bitter naby aan mekaar.
Terwyl ons baie van GWM se nuwe Ora 03 hou, verkies ons steeds egter die Volvo EX30. Terwyl dit ietwat duurder is, is die voertuig meer minimalisties. Die Volvo kan ook vinniger laai as die Ora 03.

Dit voel goed om ’n artikel te kan saamsit met die wete dat twee goeie EVs met mekaar meeding onder die R1 miljoen merk. Suid-Afrika het ’n ver pad gestap sedert die eerste EVs geland het, terwyl die infrastruktuur nou een van die beste ter wêreld is.