Padtoets: Ford Kuga 1.5 TDCi Handrat

Twee weke nadat ons die splinternuwe Ford Kuga ST-Line deur die passe gesit het, is die Kuga 1.5 Trend 6-spoed handrat aan ons afgelewer. Met Ford, wat reeds die mylpaal so hoog gestel het met die Kuga 2.0 ST-Line, kan die 1.5 Trend 6MT enigsens byhou?



Kom ons kyk gou na die grootste verskille. Die Kuga 1.5 TDCi Trend 6MT FWD kom, soos die naam verwys, net met voorwiel dry fen ‘n handrat ratkas. Tweedens is die bakwerk ietwat kleiner, maar het geen impak op beenspasie en algehele gemak nie.

Natuurlik het die ST-Line ook 500cc meer en kan die 100km/h merk haal in onder 8 sekondes, waar die 1.5 dalk ietwat langer sal neem. Hierdie is te danke aan die 88kW (teen 3600 opm) en 270Nm (1500 – 2000 opm) enjin, wat 54kW en 130Nm minder krag uitskop as die ST-Line.

Natuurlik hou dit ook ‘n voordeel in met die 1.5 Kuga, wat ‘n algehele branstof verbruik van 6.5 liter / 100km lewer. Die ST-Line sukkel ietwat om onder die 9 liter per 100km merk te bly.

Beide voertuie kom met Ford se SYNC # sisteem met bloutand, stem beheer, ‘n 8 duim streel paneel en 2 USB poorte (navigasie as opsioneel). Die enigste nadeel is dat die 1.5 nie sulke uiters gemaklike sitplekke soos die ST-Line het nie.

Ander ooreenstemmings is dat die 1.5 Kuga ook met 12V punte kom, sowel as spoed beheer, dubbele klimaat beheer, sleutellose enjin aan-en-af skakeling, dubbele voor- en agter lugsakke, ABS, outomatiese hoofligte, EBD, Elektroniese stabiliteits beheer, reën sensors, bult stillstand bystand en  ‘n trurat kamera.

Met die nuwe Kuga, wat baie belangstelling wek, is die vraag konstant gevra om te sien of die Kuga ‘n bergfiets of twee sal kan hou. Met die voorwiel af en die agterste ry sitplekke afgeslaan sal die Kuga maklik een bergfiets kan hou. Twee fietse is moontlik, maar sal twee persone en ‘n bietjie meer tyd verg om die fietse noukeurig te plaas.

Met die Kuga 1.5 Trend TDCi 6-spoed handrat, wat teen R459 000 verkoop word (4 jaar / 120 000 waarborg, 5 jaar roes waarborg, 3 jaar padlangse bystand en ‘n 6 jaar / 90 000km diensplan), is daar ‘n R110 500 verskil tussend die 1.5 Trend en die 2.0 ST-Line.

Die ST-Line is ‘n uitskieter in eie reg, maar beteken glad nie dat die 1.5 in die donkerte moet wegkruip nie. Die Kuga 1.5 is relatief kompiterend geprys en bied uitstekende waarde vir geld. Nie net is dit gemaklik nie, maar bied dit ook ‘n seepgladde rit op byde die oop pad en in die stad.

Hoewel Kuga se 1.6 enjin probleme nog vars in die geheue van vele mag wees, het Ford dit baie goed reg gekry om vorentoe te tree vanaf die probleem. Beide van ons onlangse Kuga toetsmodelle was uistekende pakette en kry bykans in alle boksies die reg merk.



Leave a Comment