‘n Voertuig wat die evolusie van die bakkie segment bewys!
Die bakkie of “pickup” / “ute” mark, soos vele dit ken, is besig om na die meer eksklusiewe mark te beweeg. Die bakkie word nie meer gesien as net ‘n werks-esel nie, maar eerder ‘n voertuig wat harde werk deur die week kan doen en gemaklik die familie oor die naweek kan vervoer. Dit is om hierdie rede dat elke tweede vervaardiger deesdae hul eie weergawe probeer bou om ‘n stukkie van hierdie gewilde mark beet te kry.
Die bakkie industrie het geweldige stappe vooruit geneem in die afgelope paar jare, ‘n punt wat eers tot werklike besef kom sodra die NP300 bestuur word. Laat ons vir eers nie die NCAP ironie van die naam ”Hardbody” aanspreek nie, maar eerder uit die positiewe oogpunt probeer kyk.
Ek self, as ‘n nuwe(rige) motor joernalis, het nie geweet dat Nissan nog steeds die NP300, oftewel die Hardbody, vervaardig nie. Ek het, soos vele ander, verstaan dat die Navara model die Hardbody vervang het.
Hierdie is egter nie die geval nie, met die Hardbody, wat steeds Nissan se goedkoper bakkie is, nes die Polo Vivo vir Volkswagen (luikrug-mark) is. Waarom kan dit ook nie die geval wees nie. Met bakkies wat al duurder raak soos die aanvraag vermeerder, is die mark nog oop vir bakkies wat spesifiek ge-spesialiseerd is in die werk-gedeelte.
Die Hardbody was nog altyd vir vele die verkose voertuig en dit is verstaanbaar waarom. In die laat 90’s en 2000’s was hierdie voertuig juis die voorlooper in die mark, met ‘n kannie-dood enjin. Dit mag dalk nie die wakkerste enjin gewees het nie (ons 0-100km/h is in ‘n slakkepas van 14.10 sekondes afgehandel), maar dit was ‘n staatmaker.
Met eerste inklim slag voel die NP300 ook dadelik veel anders as al die nuwe bakkies op die mark. Selfs vir my, as ‘n kort individu, het my bene soms lam geraak op die langpad. Hierdie is te danke aan die sitplek wat baie naby aan die vloer gestel is, en die stuur wat geensins in terme van hoogte gestel kan word nie.
Die tweede groot kop- en rugseer is die ikonisese sagte suspensie voor, met ‘n klipharde vering sisteem agter om potensiële swaar gewigte te kan dra. Hierdie sal enigiemand se brein verwar met die aanname dat die agterste knik oor ‘n spoedwal net so rustig en sag sal voel soos die voorste as. Dis maak die liggaam nie gereed vir die harde impak wat wag nie.
O.K., so dit is nie die gemaklikste of veiligste voertuig op die pad nie, maar wat van die prys en algehele werksverrigting? Wel, ons 2.5 D (diesel) High D/C 4×4 het 98kW en 304Nm gehad. Die feit dat die volle aantal wringkrag verkry kon word teen 2,000 opm het ook in die NP300 se guns getel en sal dus help met enige swaar vrag.
Brandstof-verbruik is ook wel hoër as Nissan se beklemtoonde syfers en sal naby aan die 10 liter per 100km wees. Hierdie is effe swaar as dit in rekening gebring word met veel nuwer en ligter enjins.
Die totale sleep gewig (“braked”) staan teen 750kg, met die totale laai kapasiteit by 973kg. Dus is hierdie voertuig dalk nie die beste voertuig om ‘n swaar karavaan vir ‘n naweek te neem nie.
Die 4×4 funksie kom wel uit met ‘n kruiprat en sal die NP300 op ongemaklike paaie kan help.
Die NP300 2.5D High D/C 4×4 staan wel bekend as die mees bekostigbare dubbelkajuit 4×4 op die mark met ‘n prys van R433,900 en kom uit met ‘n veel gesogde ses jaar / 150,000km diensplan en opsionele diensplan.
Hoewel dit “hoera” is vir die voortbestaan van die Nissan NP300, laat dit mens goed besef hoe ver en vinnig die bakkie-segment gegroei het in die afgelope paar jaar.
Performance:
0-10km/h: 0,50 seconds
0-20km/h: 1,26 seconds
0-30km/h: 2,13 seconds
0-40km/h: 3,21 seconds
0-50km/h: 4,32 seconds
0-60km/h: 6,02 seconds
0-70km/h: 7,48 seconds
0-80km/h: 9,31 seconds
0-90km/h: 11,60 seconds
0-100km/h: 14,10 seconds
0-110km/h: 17,14 seconds
0-120km/h: 21,82 seconds
0-130km/h: 27,30 seconds
0-140km/h: 35,81 seconds
0-100m: 8,14 seconds @ 73,90km/h
0-200m: 12,42 seconds @ 93,44km/h
0-300m: 16,01 seconds @ 106,48km/h
0-400m: 19,24 seconds @ 115,61km/h
100-0km/h: 3,86 seconds @ 47,56 metres (once-off)
Maximum deceleration G-force: 0.96G
0-10mph: 0,84 seconds
0-20mph: 2,73 seconds
0-30mph: 4,11 seconds
0-40mph: 6,59 seconds
0-50mph: 9,39 seconds
0-60mph: 13,20 seconds
0-70mph: 18,05 seconds
0-80mph: 26,54 seconds
1/4 mile: 19,31 seconds @ 71,92 mph
Maximum acceleration G-force: 0.60G
Altitude: 60m
All data captured by Racelogic® Performance Box