Padtoets: Volkswagen Golf 1.4 Comfortline TSi 92 kW

Meer opsies, moeiliker besluite

Die nuwe Volkswagen (VW) Golf reeks, geloods in Mei 2017, is nie net beter nie, maar strek nou ook oor ‘n veel wyer reeks modelle. Volkswagen se reeks is nie nou net meer bekostigbaar nie, maar verskaf ook meer gemak, beter enjin verigting en brandstof verbruik. Hierdie keer toets ons die 1.4 TSI Comfortline.

Sedert die begin van 2017, was ons baie gelukkig om blootgestel te word aan ‘n redelike hoeveelheid van Volkswagen se nuwe produkte. Nie net het ons reeds Volkswagen se kommersiële voertuie getoets nie, maar het ons ook die Passat- en Golf reeks redelik goed bestudeer (Golf GTi, GTD, 1.0 liter Trendline en Golf R). Hierdie het ‘n duidelike prentjie rondom VW se nuwe filosofie geskets. ‘n Prentjie, waar die voertuig nie net geskep word vir massa produksie nie, maar eerder vir die kliënt se behoeftes.

Het ek meer opsies as die GTi, GTD en die Golf R?

Die drie bogenoemde Golf modelle word hoog geprys, en met rede. Dog is dit goedkoper as meeste van die kompitisie. Sommige kliënte soek egter nie die sportiewe modelle nie, maar iets meer gesofistikeerd. Wel, die Golf reeks het nou, bo-en-behalwe die 1.4 TSi, ook twee 1.0 liter weergawes. Nie net begin die pryse by N$289 900 (1.0 Trendline) nie, maar belowe VW dat hierdie model nie ‘n “kaal” model sal wees nie.

Dit kom immers met die volgende: Start/Stop tegnologie, Elektroniese Stop beheer (met bult-hou- hulp), Elektroniese parkering remme, Elektroniese (verhitte) kant spieëltjies, Elektroniese vensters, lugversorging, moegheid analiseering, LED agterligte, 6.5-duim kleur informasie paneel, 15-duim allooi Lyon wiele, stuurwiel met leerbekleedsel en LED dagtyd hoofligte.

Die 1.4 Comfortline TSi

Nou is dit ons beurt om die sagte 1.4 Comfortline TSi te toets. Die eerste opmerking is dat hierdie model net met ‘n (outomatiese) DSG ratkas vrygestel word. Adisioneel tot die Trendline se standaard funksies, kom die volgende ook by tot die Comfortline: stoorspasie onder die passasier sitplek, lumbale sitplek ondersteuning vir voorste die passasier en bestuurder, misligte, 16-duim Hilta wiele, spoedbeheer, reënsensors en outomatiese verduisterende tru- spieëltjie.

Iets wat wel baie handig is as ‘n addisionele ekstra, is die elektroniese “aktiewe vertoning”. Teen R8 800 (S.A. pryslys) is hierdie ‘n baie handige opsionele ekstra, wat informasie soos navigasie reg voor die bestuurder plaas.

Met verhitte en baie gemaklike sitplekke, was die daaglikse 100 km rit tussen werk en huis baie gemaklik. Windgeraas is ook verbasend min en so ook blindekolle. Dus maak dit hierdie voertuig baie maklik om rond te beweeg in klein spasies.

Dis ook ‘n baie gemaklike voertuig om te bestuur en met die (subtiele) ratwisselingpedale agter die stuur, is dit ook baie maklik om enige voertuie verby te steek, sou die DSG na die bestuurder se sin nie vining genoeg inskop nie. Die enigste nadeel wat ons regtig kon kry met die DSG is dat dit redelik ‘springerig’ is teen lae spoed (dus in trurat of met stadige vooruitry spoed).

Met 380 liter se kattebak spasie, was dit ook glad nie moeilik om ‘n vriend by die lughawe op te laai met sy bagasie nie (Hy het immers van die Vrystaat arriveer en dus moes daar plek gemaak word vir ‘n 20 kg vleis koelhouer). Slaan die agterste sitplekke op en ‘n bergfiets sal gemaklik kan inpas.

‘n Luikrug is ook nie outomaties vervaardig om 3 volwassenes op die agterste sitplekke te huisves nie. Die Golf se ‘groot’ figuur mag dalk vir sommige vervelig lyk, maar dit verskaf baie been- en kopspasie vir passasiers wat agter sit. Drie volwassenses sal ongelukkig sukkel om gemaklik vir ‘n lang rit saam agter te sit.

Ander opsies

Die 1.4 TSi is ‘n baie aangename voertuig om mee te ry. Dit verskaf 92 kW (tussen 5000-6000 opm) / 200 Nm (tussen 1400-4000 opm). Dus is dit ‘n baie praktiese en ekonomiese voertuig en bied dit net so onder die 6 liter per 100 km. Die 7-spoed DSG ratkas is ook heel gemaklik en stil.

Ons kon egter nie help om ook aan die 1.0 Comfortline te dink nie. Dit verskaf wel minder krag teen 81kW (tussen 5000-5500 opm), maar het dieselfde hoeveelheid krag (200 Nm tussen 2000 en 3500 opm). Dit het wel net ‘n 6-gang handrat, maar loop eintlik net so gemaklik teen die standaard 120km/h.

Teen N$52 000 goedkoper as die 1.4 TSi se prys van ongeveer N$365 000, is die 1.0 ook ietwat meer ekonomies en kan dit ‘n syfer laer as 5.0 liter / 100 km bied.

Teen 9.1 sekondes, behaal die 1.4 TSi ook die 100km/h merk 0.7 sekondes vinniger as die 1.0 liter weergawes. Dit kan ook ‘n topspoed van 204 km/h handhaaf, teenoor die 1.0 liter se 196 km/h. Die vraag kan egter afgevra word: Maak hierdie statistieke soveel sin vir hierdie tipe “gemak sedan”?

Die uiteinde van die saak is dat Volkswagen ‘n effense (goeie) kopseer veroorsaak het, maar dit dien ook as bewys dat hulle na ‘n wye verskeidenheid kliënte se behoeftes omsien. Volkswagen se onlangse ontrekking van 16 modelle uit die Suid-Afrikaanse mark dien as bewys dat die populasie meer gemaklik raak met outomatiese voertuie.

Beide die 1.0 en 1.4 liter enjins is uitstekend en verrig die taak warvoor gevra word. Hierdie intreevlak modelle is nie geskep om sportiewe monsters te wees nie, maar eerder die boksies te merk van gemak, praktiese- en ekonomiese rondrits.

Na ons mening verkies ons die 1.0 liter (alhoewel die enjin klank bietjie harder mag wees as die baie stil 1.4), weens die lae koste. Daar is min intree vlak voertuie huidiglik op die mark wat sulke goeie waarde vir geld bied. Die enigste nadeel is die tekort aan ‘n DSG-outomatiese ratkas. Sou dit eerder verkies word, kan die 1.4 liter TSi Comfortline aangekoop word.

Elk van Volkswagen se Golf modelle kom standaard met ‘n 5 jaar/ 90 000km diensplan, 3 jaar/ 120 000km waarborg en ‘n 12 jaar anti-roes plan.

Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media

Leave a Comment