Padtoets: Volvo V90 Cross Country D5 AWD

Volvo, altyd innoverend

Volvo het pas die motorwêreld omgekeer met die nuus van hul nuwe “Paradigma verskuiwing”. Hierdie behels dat suster-vervaardiger, Polestar, nou vervaardig sal word in China vanaf 2019. Die verskuiwing bring egter nuwe ideologiëe saam.

Die Polestar naam gaan van nou af sportvoertuie vervaardig, met ‘n oorheersende belang gemik op elektriese modelle. Tweedens sal die vervaardiger fokus op mobiele applikasies om die huur-, diens- en was-skedules te beheer. Nie meer gaan kliente ‘n permanente en eenmalige Volvo/Polestar aankoop maak nie. Eerder gaan ‘n huur-kontrak (2-3 jaar) gekoop word, waarmee die kliënt op ‘n maandelikse basis hul voertuie kan ruil soos behoeftes verander.

Skielik is daardie Desember vakansie net om die draai en die kinders wil graag in die berge gaan kamp? Geen probleem nie; met die gebruik van die selfoon kan jy as kliënt baie gerieflik vir Volvo laat weet om die sedan vinnig om te ruil vir ‘n 4-wiel trek voertuig. Dit sonder om tyd te neem en die sleutels aan een van die personeel te oorhandig.

Volvo het pas die vervaardiger-na-klient verhouding drasties verander en meer begin fokus op die onmiddelik aanvraag van hul kliënte basis.

Ironies genoeg, breek hierdie nuus net mooi wanneer ons die nuwe Volvo V90 Cross Country D5 AWD toets. Dit gaan sonder enige teenstand dat hierdie een van die mooiste voertuie op die huidige mark is. Dalk ook nog nie heeltemal so gespesialiseerd in elektriese mobiliteit nie, fokus hierdie V90 uitstekend op veiligheid, gemak en praktiese vervoer.

Volvo was nog altyd sinoniem met veiligheid en dis nêrens anders so duidelik as met die V90 nie. Met funksies soos “lane-assist”,”cruise control”, “road edge detection”, “distance alert”, “driver alert control”, padteken aanwysing, noodstop-hulp, ontelbare lugsakke, stabiliteits-beheer, afdraande bult-beheer, LED dagligte, outomatiese ruit veërs, en natuurlik ‘n sisteem wat self kan parkeer.

Hierdie is maar net ‘n druppel in die (nie huidiglik Wes-Kaapse) emmer in terme van die voertuig se veiligheids-ekstra’s. Met elk van hierdie kan Volvo se perfektionisme opgemerk word. Nog ‘n voorbeeld hiervan is die feit dat die Cross Country twee elektroniese sitplek skakelaars by die agterdeur het om die tweede ry sitplekke te laat platval, weens die V90 se enorme lengte en (moontlike) tydsame prosedure om eers om te stap en die sitplekke met die hand af te slaan. (Kattebakspasie word vermeerder vanaf 560 liter na 1,526 liter).

Die enorme lengte van hierdie voertuig is nie al wat groot voorkom nie. Op die voorste sentrale paneel, sal ‘n 12.3” LED skerm ook help om baie maklik deur die navigasie, verhitte /verkoelde sitplek funksies, en die 360-grade kamera’s te beweeg.

‘n Panoramiese sondak pas ook by die estetika van die V90 Cross Country. Agter het passasiers oogenoeg been- en kop-spasie en lugversorging kan ook van agter gestel word.

Alhoewel hierdie V90 ook 4-wiel trek is, is dit nie gemik op 4×4 roetes nie. Eerder is hierdie voertuig (vir die lengte) verbasend gemaklik op die lang en kortpad met goeie skokbreker absorbering. Met ‘n grondhoogte van 210mm is dit ook ver genoeg van die grond om redelike uitdagende grondpaaie te ry. Weens die gemak, mag passasiers dalk net baie vining aan die slaap raak in hierdie motor.

Die D5 (8-spoed outomaties) 2-liter, turbo-aangedrewe diesel engine skop 173kW uit (teen 4,000 opm) en 480Nm (1,750-2,250 opm). Hiermee kan 0-100km/h afgehandel word in 7.5 sekondes. Tweedens kan ‘n diesel verbruik van 7.5 liter (per 100km) ook verwag word.

Die V90 Cross Country is egter nie bedoel vir spoed nie. Inteendeel, die atmosfeer en eksklusiwiteit van die voertuig se binneruim skep ‘n rustige atmosfeer. Iets wat gemaklik by die klassieke musiek van Ludovico Einaudi pas.

Die V90 CC herinner my ietwat aan die Audi Allroad. In die vroeë 2000’s was hierdie model ‘n treffer. Soos die 4×4 en SUV market gegroei het, het die gebruik van die ‘stasiewa’ egter verminder. Skielik soek verbruikers nie net ‘n voertuig  wat prakties is en op die normale grondpad kan ry nie, maar eerder ‘n hoër en amper-bombastiese voertuig om ander in die verkeer mee af te skrik.

Die feit van die saak is dat teen ongeveer N$869 900, die D5 dalk nie ‘n slegte opsie is teenoor die kompetisie nie. Enige Volvo sal by verre die veiligheids-standaard oorskrei. Tweedens is dit prakties en maklik om te bestuur en sal dit enige bergfiets gemaklik in die kattebak kan laai. Die V90 sal nes ander 4×4 SUV’s die doel vervul om gemaklik (dalk meer gemaklik as baie duurder stasiewaens) oor ‘n klipperige pad te kan ry.

Vir ons wen die V90 Cross Country juis omdat dit so “buigsaam’ is. Dit staan by verre kop bo skouers uit in terme van veiligheid, wat presies op Volvo se vooruitgang en innovasie dui. Moet vir eers nie die V90 in die boksie van “stasiewa” plaas nie.

Volvo is nog ver van stilsit. Die vervaardiger het maar nou eers begin.

*Die nuwe Volvo V90 Cross Country kom uit met ‘n uitstekende 5-jaar/100 000km volle diensplan, pad-hulp, gelamineerde glas en ‘n “tracker” sisteem.

Teks: Franco Theron

Foto’s: Galimoto Media

Vir nog meer foto’s van hierdie Volvo, besoek ons Galimoto Media Facebook bladsy


Performance:

0-10km/h: 0,35 seconds
0-20km/h: 0,85 seconds
0-30km/h: 1,45 seconds
0-40km/h: 2,09 seconds
0-50km/h: 2,83 seconds
0-60km/h: 3,58 seconds
0-70km/h: 4,48 seconds
0-80km/h: 5,47 seconds
0-90km/h: 6,56 seconds
0-100km/h: 7,90 seconds
0-110km/h: 9,38 seconds
0-120km/h: 10,95 seconds
0-130km/h: 12,78 seconds
0-140km/h: 14,81 seconds
0-150km/h: 17,09 seconds
0-160km/h: 19,98 seconds

0-100m: 6,70 seconds @ 91,04km/h
0-200m: 10,17 seconds @ 115,29km/h
0-300m: 13,08 seconds @ 131,46km/h
0-400m: 15,69 seconds @ 143,93km/h

100-0km/h: 2,83 seconds @ 35,86 meters (once-off)

——————————-

0-10mph: 0,65 seconds
0-20mph: 1,58 seconds
0-30mph: 2,70 seconds
0-40mph: 3,97 seconds
0-50mph: 5,52 seconds
0-60mph: 7,38 seconds
0-70mph: 9,77 seconds
0-80mph: 12,53 seconds
0-90mph: 15,89 seconds
0-100mph: 20,27 seconds

1/4 mile: 15,75 seconds @ 89,55 mph

Maximum acceleration G-force: 0,64G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment