Padtoets(e): 2019 Toyota Corolla 1.2T Xs 6MT en Toyota Corolla 1.2T Xs 10Xr

Corolla of Auris?

Die 12-jaar oue “Auris” naam is dood… Wel, net die naam.

Die C-segment luikrug voertuig sal steeds voortaan op ons paaie gesien word, maar sal nou egter onder die Corolla embleem val. Laat in Maart 2019 bekend gestel, het ons kort hierna die geleentheid gehad om die kar op die oop pad te toets.


Waarom sou Toyota dan besluit om die Auris naam onder die mat in te vee? Wel, die Corolla embleem is een van die mees bekore in die globale voertuig mark en het nog altyd die titel van een van die mees betroubare voertuie in die mark gehou.  

So wat beteken hierdie Auris-Corolla ‘sinergie’ vir die nuwe model?

Kom ons praat gou eerstens oor die olifant in die kamer…

Hoewel uiters betroubaar, met goeie dienslewering, het die Corolla nooit regtig die jongste mode gevolg nie. Die Corolla het nog altyd ietwat agter in die donkerte gesit, terwyl die Conquest, RunX en Auris die ontwerpers lig geprikkel het.

Die vorige generasie (2013) het ietwat meer glansryk begin lyk, maar steeds nie veel gedoen vir die oog nie.

Nou, met hierdie nuwe samesmelting, het die nuwe Corolla beslis opgevang met die mode. Skerper lyne reg rondom die luikrug maak dit nog meer aanloklik vir elke generasie as ooit vantevore.

Skielik het die Corolla verander vanaf die skame introvert in die hoek van elke huisdans, na die nuwe passievolle ekstrovert, waarmee almal wil dans.

So is dit eintlik maar net ‘n Auris?

Nee.

Hoekom?

Die nuwe Corolla is 40mm langer as die vorige Auris en het ‘n dak hoogte, wat 25mm laer is. Verder het die nuwe Corolla ook veel meer gemak, met goeie stuur reaksie en seep-gladde rat wisseling. Met ‘n 1.2 liter turbo petrol (vir elk van die drie modelle), kan ‘n nat gras heuwel egter ‘n bietjie meer momentum verg, maar vir die oop pad (en gewone stad), doen die 85kW en 185Nm, ses-spoed handrat voertuig glad nie sleg nie. Die 10-rat outomatiese Xr model loop ook uiters gemaklik, met rat wisseling, wat skaars opgemerk word. Die CVT in hierdie voertuig het ons geweldig verbaas.

Met ons oop pad, wat oor 1100km gestrek het, het die branstof verbruik rondom die 6.3 liter / 100km/h merk geloop. Die outomatiese Xr het ons egter ‘n brandstof verbruik van 7 liter per 100km gegee.

Met so ‘n klein enjin kan ‘n landspoed rekord ook nie verwag word nie en alhoewel ons nie die 0-100km/h die keer kon toets nie, is Toyota oortuig dat hul nuwe Corolla die merk in minder as 10 sekondes sal behaal (Die CVT weergawe behaal die merk in 10.16 sekondes).

Die goeie

Die Corolla is stil en sag, met min padgeraas en goeie padhou vermoë, selfs teen die sterke Suid-weste winde van die Overberg streek.

Veiligheid was ook nog altyd die ander kenmerk van die Corolla en dit is geensins anders met die nuwe model nie. Met stabiliteits beheer, sewe lugsakke, ABS en EBD, sowel as rem beheer, is die nuwe Corolla uiters veilig.

Verder word die luikrug ook toegerus met dubbele klimaat beheer, ‘n streelpaneel, LED ligte, ‘n trurat kamera en spoed beheer (waarvan ons baie gebruik gemaak het). Bygevoeg, kan die informasie sisteem egter moeilik hanteerbaar wees vir enige nuwe gebruiker, en sukkel die sisteem ook om sonder sukkel met selfone te Koppel.

… en slegte

Met die oorgang na ‘n luikrug model, het die Corolla egter ook ‘n paar nadele. Ek self was al voorheen op die einste pad met ‘n vorige generasie Corolla. Vier persone en vyf dae se bagasie was geensins veel gevra vir die sedan nie.

Nou, met drie persone en twee dae se bagasie, het die luikrug egter meer gevra. Hoewel beenspasie nie ‘n probleem was in een van die twee rye nie, moes daar gebruik gemaak word van die 60/40 agter sitplek opvoe vermoë, sowel as noukerige beplanning om al die bagasie in te kry.

Die Corolla mag dalk les opsê met vier persone en ‘n week se bagasie. Hoewel die kattebak ‘n vol-grootte spaarwiel het, kan die kattebak net 294 liter se bagasie neem. ‘n Oplossing is wel egter om die draai, met Toyota, wat moontlik die sedan na Suider-Afrika bring in 2020.

So veilig soos die Corolla is, is daar besluit om die USB gleuf by die voorste passasier se knieë te plaas. Hierdie sal ‘n beslissende uiteinde hê, waar óf die USB stokkie sal breek, of kragwoorde die norm binne die nuwe Corolla sal word.

Behalwe vir ‘n paar nadele hier-en-daar, bly die Corolla steeds ‘n goeie voertuig.Die CVT ratkas in hierdie model is merkwaardig goed en hanteer geensins soos vele van die mees onlangse CVT voertuie, wat ons getoets het nie. Die ratkas is sag en egalig. Die hoed word hier vir Toyota afgehaal.

Ons sien baie uit na die moontlikheid van ‘n meer sportiewe Corolla luikrug, sowel as die moontlikheid van ‘n langer stasiewa, wat meer familie vriendelik is.

Die nuwe Corrolla bied ‘n kompiterende pakket in hierdie segment met die volgende pryse:

  • Corolla luikrug 1.2T  Xs 6-spoed (handrat) – R336 800
  • Corolla luikrug 1.2T Xs CVT (outomaties)   – R347 400
  • Corolla luikrug 1.2T Xr CVT (outomaties)   – R367 100

Elk van die modelle kom met ‘n drie-jaar/100 000km waarborg en ‘n ses-jaar / 90 000km diensplan.

2 thoughts on “Padtoets(e): 2019 Toyota Corolla 1.2T Xs 6MT en Toyota Corolla 1.2T Xs 10Xr”

Leave a Comment