Bekendstelling: Opel Meriva

Spasie vir die Nasie!

Die nuwe Opel Meriva is seker een van die motors wat mense twee keer laat kyk as die agterste sydeure oopgemaak word; dit is of ‘n mens verplaas word na die 1940’s toe motordeure vorentoe oopgemaak het. Dit was eers in die na-oorlogse jare vanaf 1949 wat die Amerikaners die nuwe en moderne rigting ingeslaan het om motordeure se skarniere aan die voorste pilare te anker en die deure na agter oopgemaak het.

Read more