Bekendstelling: Nuwe Honda Jazz

Honda Jazz  – en ander mooi musiek ook!

Met die bekendstelling van die nuutse Jazz het van ons ouer joernaliste die glorie van Honda se eerste toetrede tot die Suider-Afrikaanse mark weer herleef. Dit was vroeg in die sestigerjare toe ek nog op skool was en my eerste besoek aan die renbaan in Oos-Londen gebring het.

Read more

Bekendstelling: Hyundai ix35 1,7 Turbodiesel Premium

Goeie nuus vir die Kersvakansie

Tussen al die slegte nuus en dinge wat ons elke dag hoor en ervaar kom daar die goeie nuus dat dieselpryse heelwat gaan sak; ook dat Hyundai vir ons ‘n klein vreugdetjie so kort voor Kersfees gebring het. Dit is nou die 1,7 liter turbodiesel ix35 wat heelwat goedkoper is as die groter 2-liter wat tot nou toe die septer geswaai het in hierdie gewilde reeks sport-nutsvoertuie.

Read more

Bekendstelling: Hyundai Santa Fe [2013]

Kraaknuut 4×4 Supersport uit Korea

In die relatiewe kort tydperk wat Hyundai op die plaaslike mark beskikbaar is, het hierdie Koreaanse vervaardiger, by wyse van spreke, die stryd as een van die topverkopers in die land amper stormenderhand oorwin.

Read more

Bekendstelling: Volkswagen Amarok D/K outomaties

Nuwe Woestyntemmer!

Volkswagen van Suid-Afrika het so-pas sy nuwe Amarok dubbelkajuit, met ‘n nuwe 8-gang outomatiese ratkas, in die Namibwoestyn aan motorjoernaliste bekendgestel. Dit was letterlik en figuurlik ‘n WARM geleentheid met temperature wat by 55 grade Celsius gaan draai het; verder is die nuwe Volkswagen bakkie, met sy outomatiese ratkas en permanente vierwielaandrywing,‘n warm opponent in hierdie marksegment waar hy sommige van sy mededingers ore gaan aansit.

Read more

Bekendstelling: Toyota Land Cruiser 70-Reeks Bakkies

Nou plek vir vyf!

Iewers, diep in jou,  is daar die heimlike begeerte om Afrika in te vaar en die slegste paaie en sandduine aan te durf met vertroue. Jy is skrikkerig om dit alleen aan te pak en soek nog vier maats om die avontuur te deel en mekaar moed in te praat.

Read more

Bekendstelling: SsangYong Sport Dubbelkajuit

Bakkie vir sport en plesier

Met die onlangse bekenstelling van SsangYong se dubbeldoelvoertuig, die Korando, is daar in ‘n vorige artikel melding gemaak van SsangYong se nuwe en byna rewolusionêre benadering ten opsigte van die ontwerp van sy nuutste produkte.

Read more

Bekendstelling: Opel Meriva

Spasie vir die Nasie!

Die nuwe Opel Meriva is seker een van die motors wat mense twee keer laat kyk as die agterste sydeure oopgemaak word; dit is of ‘n mens verplaas word na die 1940’s toe motordeure vorentoe oopgemaak het. Dit was eers in die na-oorlogse jare vanaf 1949 wat die Amerikaners die nuwe en moderne rigting ingeslaan het om motordeure se skarniere aan die voorste pilare te anker en die deure na agter oopgemaak het.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Lexus GS-reeks [2012]

Beiere se Moses?

Heel toevallig bel ‘n neef uit die Noordkaap om my mening te hoor oor ‘n motor wat vervang moet word twee aande vóór die bekendstelling van die nuwe Lexus op Franschhoek. My advies aan Neef Gert was dat hy, wat lang en ver paaie teen ongeoorloofde hoë snelhede aflê, maar na een van die Beierse renperde kan kyk wat ek oor die jare baie goed leer ken het. Dit was ‘n ligte foutjie!

Read more

Tested: 2010 Subaru Outback 3.6R Premium

The new XUV

Subaru South Africa’s website alleges that they sell six distinctive model ranges, four of which I’ve already tested. Forester, Impreza, Legacy and Outback are now familiar territory to yours truly with only the Tribeca and STi left for us to test. If anyone at Subaru is reading this, I wouldn’t mind an STi press demonstrator; for a month.

Read more