Hyundai Santa Fe 4×4 nou nóg beter
Dit is insiggewend dat die eerste Koreaanse Grand Prix (dit is nou in Suid-Korea – nie die kommunistiese noorde nie.) op Sondag, 24 Oktober plaasgevind het. Dit kan gesien word as ‘n teken van die groot vooruitgang wat die Koreaanse motorbedryf die afgelope paar jare gemaak het.