Bekostigbare vervoer en ‘n naam wat mens kan vertrou.
Die Etios was nog altyd ‘n baie belangrike model in die stal van Toyota Suid Afrika en dié model is redelik gewild in ‘n baie kompiterende segment. Dit bied bekostigbare vervoer in ‘n tyd wat motors baie duur geword het. Toyota se Etios word in Indië vervaardig vir die Indiese mark, asook vir Suidelike Afrika, Brasilië en Indonesië.