2,100km met net 120 liter se voggies – is dit moontlik?
2,100km met net 120 liter brand-stof… Dis die uitdaging wat Tata gestel het vir ’n oorland-rit ‘n paar weke gelede vanaf net duskant Beitbrug tot digby die suidelikste punt van Afrika, Kaap Agulhas. Dis soortgelyk aan die teerpad-afstand vanaf Ruacana na Swakop (700km), dan daarvandaan oor Windhoek en Keetmanshoop na Lüderitz (1,200km), en weer terug na Keetmans…