Mazda het oor die afgelope paar jaar al meer van ‘n goeie indruk begin lewer. Dit gebeur bitter selde dat ons by NamWheels fout vind met ‘n Mazda model, bloot omdat dit goeie waarde vir geld bied.

Nes ander vervaardigers, het Mazda al lank hul primêre fokus verskuif na die SUV en luikrug mark. Die CX-30 is die vervaardiger se nuutste klein SUV en dit het ons ‘n goeie geleentheid gebied om dit teenoor die CX-3 en CX-5 te vergelyk.
Laat ons eers gou na die CX-30 kyk

Soortgelyk aan Mazda se ander modelle, is die CX-30 nie turbo-aangedrewe nie en word dit dus aangedryf deur ‘n 2.0 liter, 4-silinder petrol enjin, gekoppel met ‘n 6-spoed outomatiese ratkas. Hierdie enjin is instaat tot 121kW en 213Nm, met ‘n lae algehele brandstof-verbruik van 7 liter per 100km.
Die motor is stil, met minimale wind of padgeraas, wat rondom die bakwerk suis. Verder is die enjin ook verbasend rats (vir ‘n nie-turbo-aangedrewe voertuig). In terme van gemak, is die CX-30 ook sag geveer en kan dit met die gemak van ‘n veel meer eksklusiewe voertuig vergelyk word.

Soortgelyk het Mazda ook ‘n goeie reputasie opgebou vir betroubaarheid en koste-effektiewe dienste.
Binne is die CX-30 minimalisties, dog luuks. Die voertuig het geen raakskerm nie, maar het tog funksies soos Apple CarPlay en Android Auto, sowel as stem-dirigering en Bluetooth. As standaard kom elke model met ‘n 8.8-duim skerm, 6 lugsakke, USB poort, ‘n digitale skerm wat in die voorruit reflekteer, spoed-beheer, LED hoofligte en 16-duim allooi wiele. Ons Dynamic model het lugverkoeling in die tweede sitplekry, dubbele klimaat-beheer, sleutellose toegang en trurat parkering sensors bygekry.

Hoe vergelyk die CX-30 met ‘n CX-3 en CX-5?
Soos reeds genoem, is die CX-30 die tussenganger van die CX-3 en CX-5, maar is daar tog baie oorvleulings tussen die drie.

Terwyl die CX-30 se kattebak-spasie sowat 295 liter is, het die CX-3 slegs 264 liter, met die CX-5 wat ‘n reuse 442 liter bied. Slaan die agterste ry plat en hierdie vermeerder na 1914 liter.
Terwyl elk van die model reeks met ‘n 3-jaar / onbepaalde km diensplan, 3-jaar fabrieks waarborg, 3-jaar pad bystands pakket en 5-jaar roes-waarborg kom, word die CX-3 verkoop tussen R351 900 en R476 700. Die CX-5 se pryse wissel tussen R462 300 en R686 200.

Dit is hier, waar dinge moeilik raak. Die CX-30 se die modelle word tussen R469 000 en R540 000 aangebied.
Terwyl die CX-30 ‘n uitstekende voertuig is om teenoor die kompetisie te meet, sal ons eerder na die ander twee model reeks in Mazda se vloot kyk.

Die grootste rede hiervoor is dat die CX-3 en CX-30 nie veel in grootte verskil nie. Soortgelyk is die ritvlak-hoogte verskil ook minimaal. Vir vier volgroeide persone of ‘n klein gesin, sal die CX-3 voldoende wees as die voertuig hoofsaaklik op teerpad gebruik gaan word.
Sou meer pakplek benodig word en die grondpad meer gereeld aangedurf word, is die CX-5 ‘n uitstekende keuse, in alle variante.
