Bekendstelling: 2019 Mahindra XUV300

Mahindra se nuutste sportsnuts, die XUV300

In die passasiersmotormark in Suid-Afrika wat tans maar traag is, is die segment vir die kleiner gesinsmotor die enigste een wat groei toon. Hierdie nuwe produk van Mahindra is duidelik vir die mark bedoel. Dit word die XUV300 (drie dubbel nul) genoem en pas mooi in tussen sy twee familielede, die klein KUV100 en die groter XUV500.

Read more

Padtoets: Nissan Qashqai Acenta dCi

Langpad Lanie

Nissan se Qashqai was sedert sy bekendstelling in 2009 baie gou ‘n sukses en het al oor die 2 miljoen verkope wereldwyd gehad. Dit was Nissan se eerste sogenaamde “Crossover” of kompakte SNV (Sportsnutvoertuig). ‘n Nuwe Qashqai het verlede jaar op die Suid-Afrikaanse mark verskyn en met die eerste oogopslag is dit duidelik dat Nissan weer ‘n wenner beet het.

Read more

Bekendstelling: Nissan X-Trail [2014]

Vars uit die Oond

Nissan het vroeër vanjaar die derde generasie X-Trail in Suid-Afrika aan die media bekend gestel. Dit volg op die sukses van die Qashqai en hy lyk baie meer na hierdie kleiner boetie as die hoekige vorm van die vorige X-Trail. Van voor is die indentiteit van die handelsmerk baie duidelik sigbaar.

Read more

Padtoets: Infiniti FX 30d S

Met Nissan se nuwe vlagskip die oneindigheid in!

Om met só ‘n nuwe kraakvars maar feitlik onbekende motor soos die Infiniti FX langpad te ry, het sy verrassings. Op die vakansierit na die Oos-Kaap was ons dikwels deur verbygangers gestop, een man het spesiaal omgedraai en my agternagesit om te kom vra: Nou wat se ryding is dit dié! Dan elke keer dieselfde antwoord: Dis Nissan se vlagskip, soos Lexus die vlagskip van Toyota is!

Read more

Bekendstelling: Nissan Juke

Kleinboet van die Qashqai

As daar nou ‘n nuwe motor is waarvan die voorkoms gemengde reaksie uitgelok het van motorkenners tot die publiek is dit die nuwe model van Nissan, die Juke. Dit kan as die kleinboet van die Murano en die gewilde Qashqai  beskou word en Nissan bemark die Juke as ‘n alternatief in die B- en C-segmente van die luikrug motor mark.

Read more