Waarom die Santa Fe oorweeg as Hyundai pas die Palisade bekend gestel het?

Dit is korrek. Skaars 6 maande na die Hyundai Santa Fe se bekendstelling in April, het die Koreaanse vervaardiger pas nog ‘n 7 / 8 sitplek sports nuts voertuig bekend gestel; naamlik die Palisade. Hoewel beide voertuie na dieselfde tipe voertuie mag lyk, was Hyundai eintlik baie slim met die bekendstelling van hierdie twee modelle.

Na ons onlangse toets met die Santa Fe, kan ons ‘n goeie vergelyking bied.

In ‘n wêreld, waar Fortuners en Everests in elke oprit of parkeerspasie gesien word, moet ander vervaardigers hard veg vir ‘n markaandeel. Ons glo dat Hyundai pas suksesvol was hiermee en ‘n goeie waarskuwing aan die kompetisie gestuur het.

Die mees opmerkende verskil tussen die Santa Fe en die Palisade is natuurlik prys. Waar die laasgenoemde verkoop word vir net onder die R1 miljoen merk, word die Santa Fe vir R769 500 (2-Wiel trek) en R869 500 (4-wiel trek) verkoop. Hierdie R130 000 verskil kan egter toegereken word aan die Palisade se grootte, sowel as die luuksheid van die voertuig. Vergelyk dit met die ekwivalente Prado Land Cruiser of nuwe Defender, en die Palisade is nie net goedkoper nie, maar bied dit ook innoverende en luukse tegnologie.

Die Santa Fe is egter geensins ‘n voertuig om mis te kyk nie. Met merkwaardige luuksheid vir die prys, sowel as ‘n 5-jaar / 150 000km waarborg, ‘n 7-jaar/ 200 000km enjin waarborg, sowel as ‘n 6-jaar / 90 000km diensplan, staan die Santa Fe sterk teenoor die Everest en Fortuner, wat teen ‘n naelskraap goedkoper prys verkoop word.

Kom ons kyk na die Santa Fe in meer diepte

Beide die 2- en 4-wiel trek modelle word aangedryf deur ‘n stil en egalige 2.2-liter, 4-silinder turbodiesel. Met 148kW en 440Nm, sowel as ‘n 8-rat outomatiese ratkas, is die Santa Fe geweldig stil op die oop pad. Selfs met 7 persone in die voertuig, is daar geen bewys dat die enjin sukkel of hoër revolusies benodig nie. Terselfdetyd kan ‘n brandstof verbruik onder die 8.0 liter per 100km verwag word, wat uitmuntend is vir hierdie tipe SUV.

Die Santa Fe het ook 4 verskillende enjin en suspensie verstellings; naamlik Comfort, Eco, Sport en Smart. In Comfort is die suspensie uiters sag, terwyl die Sport funksie, die koppelaar redelik sensitief en gereed vir aksie maak. Met hierdie tipe voertuig, sal die bestuurder egter meestal van Eco of Comfort gebruik maak, wat baie gepas is vir die voertuig se vermoë.

Met ‘n ligter algehele gewig as die twee bogenoemde kompiteerders, is die Santa Fe ook veel ratser en voel dit heelwat ligter. Die nadeel van hierdie laer gewig, beteken egter dat die Santa Fe sowat 500kg (2500kg in totaal) minder kan sleep as beide die Fortuner en Everest.

Nie net is die enjin van die Santa Fe geweldig stil nie, maar so ook die binneruim, met skynbaar geen wind- of padlawaai, wat na die binneruim deurdring nie.

Waar die Everest en Fortuner dalk uitdagende 4×4 roetes sal kan aandurf, sal die Santa Fe egter meer gerus wees met ‘n grondpad. Teen 205 mm is die grondhoogte van die voertuig egter baie belowend om rowwer, sinkplaat roetes aan te durf.

Verder word die Santa Fe met blindekol waarskuwings, trurat waarskuwings, parkering sensors, en ‘n trurat kamera. Soortgelyk sal die voertuig ook nie agteruit rol wanneer ‘n helling aangedurf word nie, en sal die elektroniese sisteme in die voertuig help, wanneer ‘n steil afdraand aangedurf word.

Die voertuig word ook toegerus met spoed beheer (nie aanpaasbaar nie), 6 lugsakke, ABS, EBD en stabiliteits beheer.

Die Santa Fe is duidelik vervaardig vir gemak, so wat van die binneruim?

Met 7 leer sitplekke in die voertuig, kan die 2de en 3 de rye ten volle platslaan, wat dus vanaf 332 liter na 1032 liter (derder ry plat geslaan) en ‘n enorme 2041 liter (met die 2de ry ook platgeslaan) kan vergroot. Hierdie is soortgelyk aan die spasie van die Everest en Fortuner.

Om egter weereens na die Palisade te verwys, sal die derde ry in die Santa Fe egter minder beenspasie bied.

In terme van funksionaliteit, begin Hyundai die tradisionele outomatiese ratkas anders benader en egter net ‘n trurat (R), neutraal (N) en dryf (D) knop paneel ingesit. Ons hou nogal van die simplistiese sisteem.

Verder het die Santa Fe ‘n magdom stoorspasie rondom die kajuit, 2 USB punte en ‘n 12 V punt in die eerste ry, sowel as 2 USB punte in die tweede ry en nog ‘n addisionele punt in die laaste ry.

Die Santa Fe modelle kry ook elk ‘n 8-duim informasie sisteem, wat gekoppel kan word met Apple CarPlay en Android Auto, sowel as draadlose konneksie.

Rakende die laasgenoemde, is ons heel tevrede met die Wifi konneksie. In baie ander voertuie, word die sein maklik verloor en moet daar uiteindelik weer gebruik word van die konneksie drade. Hierdie is nie die geval met die Santa Fe nie.

Met die Palisade het Hyundai nie net ‘n sterk houvas op die luukse 7-sitplek SUV klas nie, maar het die vervaardiger ook nou ‘n kompiterende houvas op die medium-luuksheid 7-sitplek SUV klas.

Hierdie behoort beslis hul markaandeel te vergroot.

Leave a Comment