Defender gaan elektries

Die nuwe Land Rover Defender is pas plaaslik bekend gestel en ons het reeds die geleentheid gehad om die merkwaardige nuwe tegnologie in hierdie ikoon te aanskou. Die Defender het die mark pas meer verras deur om ‘n hibriede model na Suider-Afrika te bring.



Die Defender 110 P400e sal dus die kragtigste en brandstof ekonomiese Defender op die mark wees, met 297kW, ‘n 0-100km/h tyd van 5.6 sekondes en ‘n gekombineerde branstof verbruik van 2.8l/100km.

Soos ons gereelde lesers ook sal weet, gee hibriede sisteme, onmiddelike krag, wat verduidelik waarom hierdie o-100km/h tyd so goed is. Verder sal die hibriede sisteem ‘n totale lengte van 43km kan dek voor dit herlaai moet word.

Moet ook nie bekommer nie, die P400e, die D300 en Defender 90 behoort Suider Afrika teen 2021 te bereik.

Die P400e sal deur die normale 2.0 liter, vier silinder petrol enjin (221kW) aangedryf word, maar sal die PHEV (Plug-in-Hybrid) sisteem bykry, wat die totale kraglewering opstoot na 297kW.

Die P400e sal uitkom met 20-duim allooi wiele, elektroniese lug suspensie, ‘n laai punt aan die linker kant van die voertuig, en ‘n Mode 3 laai kabel (Mode 2 as opsioneel). Die Mode 3 kabel sal die voertuig laai na 80% van die elektroniese kapasiteit in 2 ure, terwyl die Mode 2 kabel ‘n addisionele 5 ure sal neem. Die Mode 2 kabel is dus perfek om die voertuig oornag by die huis te laai. Natuurlik kan die battery ook met ‘n spoed kabel gelaai word, wat net 30 minute sal neem.

Die P400e sal 3-ton kan trek en tussen 168kg en 300kg op die dak kan dra.

Op die lang pad, kan die voertuig ook gelaai word deur rem aksies, wat die battery weer stelselmatig herlaai. Natuurlik kom elk van die Defenders ook met laetrek en hoë trek rat verstellings.

Terselfdetyd sal die beproefde ses-silinder diesel enjin ook in die mark gebring word. Reeds vantevore getoets in ander modelle, is hierdie enjin uiters glad, stilte en kragtig. Hierdie enjin sal 221kW en 650Nm lewer en sal die voertuig van stillstand tot 100km/h in 6.7 sekondes kan neem.

Die drie deur Defender 90 sal vanaf 2021 beskikbaar wees met ses sitplekke (met drie sitplekke in die voorste ry). Die 90 sal verskeie variante kry, waarvan die 3.0 liter turbo aangedrewe P400, 2.0 liter turboaangedrewe Petrol P300, ses-silinder D300 en die 2.0 liter turbodiesel D240 , elk ‘n 8-spoed outomatiese ratkas sal kry, nes die 110 reeks.

Nes die 110 sal die 90 uitkom met ‘n variasie van vier pakette: Die Adventure, Country, Explorer en Urban. Om meer hieroor te lees, gaan gerus na ons vorige artikel: https://www.namwheels.com/my-ou-defender-kon-nie-dit-doen-nie/.

Hier volg die pryse van al die huidige, en nuwe 2021 modelle:

Defender 90:

  • D240 S                                     R1,095,600
  • D300 S                                     R1,186,800
  • P300 S                                     R1,095,600
  • P400 S                                     R1,214,200
  • D240 X-Dynamic SE                R1,215,500
  • D300 X-Dynamic SE                R1,297,000
  • P300 X-Dynamic SE                 R1,215,500
  • P400 X-Dynamic SE                 R1,338,600
  • D240 X-Dynamic HSE              R1,284,400
  • D300 X-Dynamic HSE              R1,365,900
  • P300 X-Dynamic HSE              R1,284,400
  • 90 P400 X-Dynamic HSE         R1,407,500
  • 90 D240 First Edition              R1,223,800
  • 90 P400 First Edition               R1,341,700
  • D300 X                                     R1,542,100
  • P400 X                                     R1,575,000

Defender 110:

  • D240 S                                     R1,143,900
  • D300 S                                     R1,235,900
  • P300 S                                     R1,143,900
  • P400 S                                     R1,265,000
  • P400e S                                   R1,519,100
  • D240 X-Dynamic SE                R1,269,100
  • D300 X-Dynamic SE                R1,350,700
  • P300 X-Dynamic SE                 R1,269,100
  • P400 X-Dynamic SE                 R1,390,200
  • P400e X-Dynamic SE               R1,610,700
  • D240 X-Dynamic HSE              R1,333,800
  • D300 X-Dynamic HSE              R1,415,400
  • P300 X-Dynamic HSE              R1,333,800
  • P400 X-Dynamic HSE              R1,454,900
  • P400e X-Dynamic HSE            R1,675,500
  • D240 First Edition                   R1,281,000
  • P400 First Edition                    R1,397,500
  • D300 X                                     R1,596,300
  • P400 X                                     R1,640,600
  • P400e X                                   R1,726,600

Leave a Comment