Die veelsydige en bekostigbare Renault Duster is weereens in ons oprit, maar na vele toetse met die einste model oor die vorige paar jare (dit sluit selfs ‘n toer na Lüderitz in) vra ons onsself die vraag af: “Wat maak hierdie Duster juis anders?”
Net mooi twee jaar gelede is ons gestuur na die bekendstelling van die nuwe Duster 4×4 model; gereed om die blink gepoledoerde media voertuie vol stof en modder te smeer. Die wel deurdenkde bekenstellings roete het ons oor die teer- en stof / modder agterpaaie van Noord-Johannesburg geneem, waarna ons die dag afgesluit het met ‘n sirkel 4×4 roete.
Nes in 2019, beëindruk die Duster my steeds en is dit goed te verstaande, waarom die Franse vervaardiger so baie van hierdie modelle verkoop. Met ‘n 1.5, 4 silinder turbodiesel, wat 80kW / 260Nm verskaf, massa’s stoorspasie, en boonop funksies soos ‘n informasie sisteem met navigasie en ‘n trurat kamera, Bluetooth en slimfoon konnektiwiteit en spoed beheer insluit; is die Duster ‘n wenresep vir enige stedelike inwoner, wat graag oor naweke saam met die gesin na die ‘platter’land wil verskuif.
ABS (met EBD en EBA), stabiliteits beheer en 2 voorste lugsakke word ook ingesluit. Verder het die 4-wiel model 210mm grondvlakhoogte, wat, gepaard met 4-trek funksionaliteit, ‘n invals hoek van 30 grade- en ‘n vertrek hoek van 34 grade kan aandurf.
Wat ons geweldig met die bekendstelling en elke indivuduele toets daarna verstom het, was die uitmuntende brandstof verbruik wat baie naby (en selfs onder) die 6 liter per 100km merk wentel.
Vir ‘n skrale prys van R327 900 is die Duster 1.5 Dynamique 4WD ‘n voorwaardelike treffer en vining om al die boksies af te merk as die logiese en bekostigbare familie motor.
Maar, soos vele kere voorheen, is daar wel ‘n nadeel hieraan verbonde. Met die Duster se 4-wiel trek model, wat net in ‘n 6-spoed handrat weergawe verkoop word, moet ons bieg dat ‘n outomatiese weergawe die verkose model sou wees.
Dit gebeur nie baie dat ons hierdie sal sê nie, maar die Duster se eerste- en tweede ratte is geweldig kort, met die revolusies, wat bitter vining klim. Indien jy jou skoonouers sou probeer verstom met jou bestuurs vernuf, is dit bes om weg te trek in die tweede rat (wel nie teen steil opdraendes nie).
Ek kan nie help om te dink dat hierdie rat verhouding goed sal wees vir die grondpad nie. Teen steiltes en in los sand, word maksimum traksie juis benodig. Die aard van die ‘wakker’ eerste rat sal dus die voorwiele (in 2-wiel trek) of al vier wiele maklik laat tol en dus die minste traksie moontlik bied.
Terselfdetyd sal dit nie die allerdaagse natuur van Duster eienaars wees om wilde 4×4 roetes aan te pak nie, maar om eerder die voertuig as ‘n allerdaagse stads voertuig en naweeklikse langpad voertuig te gebruik.
Die huidige Duster voldoen reeds aan beide hierdie aspekte en is ‘n fees op die langpad met minimale windgeraas en goeie pad gemak.
Met stedelike verbruik, sou ons egter ‘n outomatiese ratkas meer waardeer. Is hierdie dalk ‘n opsie vir Renault om na te kyk?