Padtoets: 2018 Honda Civic Type R

‘n Geruime tydjie terug het ons die splinternuwe Honda Type-R om die Dezzi resies baan in Kwazulu-Natal geneem. Hierdie baan is spesifiek gekies om die uitblinker-kwaliteite van die nuwe Type-R ten toon te stel. Dis is in lang en kort draaie waar hierdie voorwiel aangedrewe absoluut fenominaal is. Dié keer het ons die Type-R gekry om dit vir ‘n week as ‘n “familie” en “werks” voertuig te gebruik.

Gedurende hierdie week het ons iets beleef soos nog nooit vantevore…

Die nuwe Type-R kan nie maklik gemis word in ‘n parkeer terrein nie. Alhoewel dit plat teen die grond gedruk word, is die kar breër, bevat dit haaivinne (wat eintlik ‘n dramatiese goeie effek op die voertuig se hantering het), en vuurwarm rooi Brembo remme.



Nie almal hou van die voertuig se voorkoms nie, met sekeres wat dit vergelyk met ‘n groot strykyster. Ander is weer mal oor die voertuig. Dan is daar die Type-R “fan” klub. ‘n Klub wat versot is op enige Type-R model en jou vir dae lank kan besig hou met elke klein ‘detail’ van elke model.

Ek het op my tweede dag met die voertuig telling verloor met die hoeveelheid persone,wat vra dat ek my ruit moet laat sak sodat hulle met my kan praat. In alle erns, die nuwe Type-R is ‘n gevaar op die pad. Nie noodwendig vir jouself nie, maar vir die ander rondom jou wat hulle oë nie van die motor kan afhou nie.

Elke nou en dan is daar ‘n foon kamera, wat flits in my kantspieëltjie; ‘n ouer Type-R wat langs my intrek, met die bestuurder wat twee ratte afslaan en my probeer uitdaag. Motorfietsryers hou langs jou stil in verkeer om die kar te bekyk en met jou te gesels; en dan laastens, is daar natuurlik die GTi of ST eienaar, wat daarop aandring dat jy sy foonnommer neem, sodat julle later kan ontmoet vir ‘n een-tot-een resies.

Met erkenning vanaf Honda, is die Type-R nie die vinnigste van 0-100km/h nie (5.8 sekondes). So ja, Mnr. STI en GTI, jy sal my heel waarskynlik kan wen in hierdie toets. Gee my egter ‘n baan met kort- en lang draaie, en die storie mag dalk ‘n ander einde hê.

Met 228kW (@6500 opm) en 400Nm (@2500 – 4500 opm), verskaf die 2.0 liter 16V Turbo voertuig uistekende krag uit kort draaie. Rat af (die Type R kom net in handrat), en die voorwiel aangedrewe voertuig sal jou terugdruk in die voorste “bucket” sitplek met krag en geen bande wat gly of traksie verloor nie.

Skakel oor vanaf “Comfort” na “Race” of “Race+” en daar sal ‘n splitsekond herinnering wees dat hierdie voertuig voorwiel aangedrewe is, met die voorwiele wat effens soek vir bytplek op die pad. Van daar af hang dit net van jou af hoe goed jy die 400Nm deur die stuurwiel kan beheer.

Die Brembo remme op hul eie is uitstaande, met ons gesigte wat effens hervorm was ná ons 100-0km/h toets: 2.52 sekondes en slegs 35.01 meter.

Die rede vir hierdie Type-R se onmidellike krag en uitstekende traksie is te danke aan die aerodinamiese gedeelte. Elke paneel is fyn uitgewerk om lugdruk te gebruik en die voertuig ferm op die pad te hou. Die voertuig mag wel vir sommiges lyk na ‘n strykyster, maar glo my, hierdie is die warmste strykyster ooit.

Binne is die voertuig meer passasier vriendlik, met ‘n Comfort mode wat ietwat meer gemak bring. Met die wyer en langer bakwerk (met beide aste wat tot reg op die punte geneem is), het die Type-R ook meer beenspasie en pakplek (414 liter en 780 liter met die agterste sitplekke afgeslaan).

Die wyer bakwerk maak dit egter moeilik om die voertuig in nouer parkeer pasies te parkeer.

In terme van tegnologie is daar ook ‘n start/stop sleutellose knop ingebring. ‘n Sentrale streelpaneel met Bluetooth, navigasie, CD / Radio, en ‘n trurat kamera (wat bietjie sukkel in lae lig) is ook nuut tot die voertuig.

Bykomend is daar ook outomatiese ruitveërs en outomatiese LED dagligte.



Sklielik verstaan ek die obsessiewe Type-R kultuur. Dit is nie die voertuig warmee jy jou ouma na die kerk gaan neem nie. Dit is nie die voertuig waarmee jy noodwendig die langpad in die suide gaan aandurf nie (weens die slaggate). Dit is wel ‘n kar wat baie eksklusief is, min op die pad gesien word, en gekoop word vir een doel; om vinnig te ry.

Honda besef dit, met die Type-R (FK8), wat oor ‘n paar jaar ‘n uistekende versamelings item mag wees. Namibiese / Suid-Afrikanse paaie en wetgewing laat ook nie noodwendig toe vir vinnige, reguitlyn spoed nie, maar dit beteken nie dat ‘n voertuig nie meer kan pret wees nie. Dit is presies  waarvoor die Type-R  mik en bereik.

Hier het Honda die spyker op die kop geslaan, met ‘n voertuig wat gemakliker is as die vorige modelle, maar steeds vinniger as ooit tevore is.

Bravo Honda!

*Die nuwe Civic Type-R is beskikbaar teen ‘n prys van R635 500, ‘n 5-jaar / 200 000 km waarborg, 5-jaar/ 90 000km diensplan en ‘n 3-jaar AA pad-hulp plan.


Performance:

0-10km/h: 0,44 seconds
0-20km/h: 0,94 seconds
0-30km/h: 1,41 seconds
0-40km/h: 1,88 seconds
0-50km/h: 2,35 seconds
0-60km/h: 3,10 seconds
0-70km/h: 3,84 seconds
0-80km/h: 4,39 seconds
0-90km/h: 4,97 seconds
0-100km/h: 5,91 seconds
0-110km/h: 6,72 seconds
0-120km/h: 7,50 seconds
0-130km/h: 8,34 seconds
0-140km/h: 9,67 seconds
0-150km/h: 10,76 seconds
0-160km/h: 11,96 seconds
0-170km/h: 13,27 seconds
0-180km/h: 14,80 seconds

0-100m: 6,22 seconds @ 103,42km/h
0-200m: 9,17 seconds @ 136,16km/h
0-300m: 11,63 seconds @ 157,31km/h
0-400m: 13,80 seconds @ 173,65km/h

100-0km/h: 2,52 seconds @ 35,01 meters (once-off)

——————————-

0-10mph: 0,75 seconds
0-20mph: 1,52 seconds
0-30mph: 2,29 seconds
0-40mph: 3,48 seconds
0-50mph: 4,45 seconds
0-60mph: 5,73 seconds
0-70mph: 7,01 seconds
0-80mph: 8,38 seconds
0-90mph: 10,44 seconds
0-100mph: 12,42 seconds
0-110mph: 14,81 seconds

1/4 mile: 13,85 seconds @ 108,08 mph

Maximum acceleration G-force: 0,60G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment