Padtoets: 2019 Mercedes-Benz A200 (AMG-Line)

Weskus toe met die A200

‘n Tydjie gelede het Mercedes-Benz se A-klas weggestap met die algehele 2019 Autotrader Suid-Afrikaanse Gulde vir Motor Joernaliste prys as die kar van die jaar. Nouhet ons weereens die geleentheid gekry om hierdie voertuig deur die passe te plaas en te sien of dit werklik hierdie troefkaart kan hou.

Voor die bekendstelling van die algehele wenners prys, het ons reeds die A-Klas A200 and A250 getoets en hoewel ons geweldig tevrede was met die A250 Sport, kon ons nie die A200 in dieselfde liga plaas nie. Met ‘n R94,000 verskil tussen die A200 and A250 is dit ook verstaanbaar.



As joernalis demo voertuig, is hierdie A200 met die (R50,175 ekstra) AMG Line pakket aan ons toegerus. Hierdie pakket kom as standaard met die A250 Sport. Vir die prys kry mens ‘n AMG styllerings pakket met 18-duim wiele (lae profiel run-flats), ‘n multi-funksionele sports stuurwiel, AMG vloermatte, ‘n laer en sportiewe sport suspensie, ‘n sportiewe enjin geluid en sportiewe sitplekke.

Natuurlik het die voertuig ook die nuwe Mercedes Me funksionaliteit ingehad, wat basies die “Siri” van die Mercedes handelsmark is en selfs die sondak kan oopmaak met net jou stembande. Verder het die toets-eenheid ook Mercedes se baan-beheer en bestuurders hulp-pakket (met ‘n 360-grade kamera) en elektroniese sy-spieëltjies ingesluit.

Verder het dit ook die nuwe MBUX, navigasie en sleutellose pakket ingesluit. Met al hierdie ekstra’s, is die waarde van die toets-eenheid goed gelig vanaf die standaard R499,000 na wel oor die R600,000 merk.

Ons het baie van die A250 Sport gehou. Nie net was dit sportief nie, maar ook uiters gemaklik en prakties. Die A200 het ‘n 1.3 liter, 120 kW (250Nm) turbo-petrol enjin, waar die A250 ‘n veel kragtiger 2 liter (165kW / 350Nm) enjin gebruik. Die A250 het waardig opgeleef tot ‘n sports luikrug.

Die A200 egter, selfs met die sports-pakket, kan nie dieselfde kers vashou nie. Hoewel toegestaan moet word dat hierdie enjin nie die kragtigste sal wees nie, word daar veel meer verwag. Hoewel ons rem afstande voorheen baie goed gedoen het vir hierdie model (40.06 meter teen 100km/h), moet daar erken word dat die remme en petrol pedale uiters gevoelig is. Hierdie veroorsaak ‘n rit waar die nek spiere redelik geoefen word.

Tweedens is die outomatiese ratkas redelik aan die slaap en sukkel dit om vining genoeg oor te verander.

Ons hoop, was om die nadele van die A200 in die stad te verbeter op die langpad langs die Weskus. Hoewel dit gesê kan word dat die A200 beter doen buite die stad, het ons gesukkel met algehele gemak, te danke aan die 225/45R18 lae profiel bande, sport suspensie en min pakplek.

Op gedeeltes waar die pad meer instand gehou is en geen robotte, spoedbulte of stop strate die algehele gemak van die A200 toets nie, is die kar ‘n geweldige plesier, maar dit veroorsaak egter dat ons oorgaan na ‘n verdere vraag.

Is die A200 (AMG Line) meer gepas vir ‘n Europese konteks of is ‘n rustiger A200 dalk die oorweging vir ons paaie?

Vir beide hierdie vrae is die antwoord redelik duidelik. Hoewel die sport pakket pas by die A250, pas dit geensins by die A200 op ons paaie nie. Hoewel die sportiewe suspensie help met beter hantering (te danke aan ‘n brawe muishond op die oop en nat pad) en gemakliker sitplekke, help die pakket ironies genoeg glad nie die brandstof ekonomie nie. Tweedens moet daar oor elke spoed-wal gekruip word om nie die voertuig te krap nie en natuurlik is daar geen verskil aan die enjin geluid nie.

Dit mag dalk baie geod werk vir die oop Duitse snel bane, maar vir die Suider-Afrikaanse geval, is ‘n standaard A200 die beter opsie. Indien daardie R50 duisend in die sak brand, spandeer dit eeder op die GLA of die A250.



Leave a Comment