Padtoets: 2020 Lexus RX450h

Lexus gee nuwe hoop vir die koms van die “perfekte” voertuig.



Lexus se nuutse (vierde generasie) RX450h mag dalk uiters groot en ongemaklik vertoon. Die feit dat hierdie voertuig ook nie minder as 2.7 ton weeg, amper 1.7m hoog staan, amper 5 meter lank is en ‘n 65 liter petrol tenk het, maak egter hierdie meer geloofwaardig.

Daarby gesê kan die RX450h 453liter bagasie neem met al die sitplekke opgeslaan, sowel as 2 ton sleep.

Vele voertuie het egter hierdie dimensies. Waarom spesifiek sal die RX450h dan uitstaan?

Dit is hier waar die syfer van 5.7 liter per 100km die verkoops-punt van die 450h draai. Te danke aan die “h” aan die einde van die model naam, kry hierdie spesiefieke model ‘n ekstra 139kW en 335Nm vanaf die hybriede sisteem, wat hierdie 3.5 liter V6 engin ‘n totale syfer van 230kW en 474Nm gee. 0-100km/h neem dus net 7.7 sekondes.

Die RX450H bied as te ware die beste van beide wêrelde en dui sterk daarop dat tegnologie binnekort die ideale voertuig aan mensdom sal kan verskaf.

Met oorgenoeg spasie aan die binneruim om te help met ‘n verhuisings proses, sal die aanskakel en stilte van die battery gedrewe motor onder 40km/h help om die kompleks bure gelukkig te hou. Oor na die hoofweg en die reuse V6-petrol enjin skop sagkuns in om enige voertuie verby te neem. Dit met ‘n vrag vol meubels. Om die kersie op die koek te plaas het ons heen-en-weer trek-ekskursies met swaar vragte ‘n branstof verbruik van net oor die 7-liter per 100km gelewer.

Hierdie is grootliks te danke aan aan die enjin, wat oorskakel na battery energie in die stad (teen lae spoed) en op die hoofweg, wanneer ‘n vasgestelde spoed bereik word en die enjin kan rus. Dit als gaan oor ‘n konstante spoed en ‘n geleidelike handhawing van die petrol pedaal. Natuurlik help die e-CVT ratkas ook om die brandstof verbruik te handhaaf.

Die donker bruin leer afwerking van ons toets eenheid het ook ‘n geweldige kalmerende atmosfeer geskep, met die sitplekke in beide rye, wat oorgenoeg beenspasie en gemak gebied het. Met ‘n yslike 12.3-duim streelpaneel is dit ook nie moeilik om daardie vul stasie ikoon op die navigasie sisteem te sien nie. (Moet egter nie bekommer nie; Met die RX450h sal ‘n stillstand by vulstasies meer vir ablusie vereistes, eerder as petrol self gebruik word).

‘n Streelpaneel, soortgelyk aan die van ‘n skootrekenaar, vergesel ook die gemak van die informasie sisteem (alhoewel ons dit makliker gevind het om met die 12.3 duim skerm self te werk). Apple CarPlay en Android Auto is natuurlik ingesluit en sluit binne-voertuig Wi-Fi in.

Beide die oop pad en dié van die stad is uiters gemaklik met die RX450H, met geen of min enjin geraas sowel as padgeraas. Dit is ook selde dat die oorskakeling van die battery motor na die V6, agter gekom word.

“Wat is jou gunsteling / die beste voertuig, wat jy al gery het?” is ‘n vraag wat enige motor joernalis by enige nuwe ontmoeting kan verwag. Vir die voorsienbare toekoms, sal die Lexus RX450h een van my nuwe antwoorde wees.

Al hierdie tegnologie en gemak kom egter teen ‘n prys, met die einste model, wat teen R1,315,800 verkoop word.

Daarmee word ‘n veeldoende 7-jaar / 105,000km diensplan ingesluit.

Leave a Comment