Padtoets: 2020 Volvo S90 D5 Inscription

“As ek net hierdie sak-sports-kamera het, kan ek elke naweek my enkellaan-roete op die fiets afneem”. Hierdie gedagte mag dalk deur vele sports entusiaste se koppe gemaal het, net om toe te laat dat hierdie einste kamera nie lank na die aankoop, stof begin vergader in die kas nie.



Soortgelyk aan hierdie “wit” leuen, wat menigde aan hulself beloof, is die Sports nuts voertuig (SUV) mark ook meestal ‘n onrealistiese droom na weeklikse grondpad ekskursies. Dit gebeur vinnig dat die enigste aksie wat ‘n SUV kry, net die skool- of supermark sypaadjie is.

Hierdie onrealistiese droom veroorsaak dat kopers puik nuwe sedans op die mark nie werklik waardeer nie; of heeltemal mis kyk.

“Die S90 is maar net een van hierdie uitblinkers…”

Die S90 is maar net een van hierdie uitblinkers en Volvo het onlangs die S90 D5 Inscription aan ons toevertrou om hierdie te bewys.

Met veiligheid, brandstof-ekonomie en algehele gemak as fokus-punte, gebeur dit selde dat die S90 enige voet vekeerd sit. Sy 2-liter turbo-diesel D5 enjin is spesifiek gebou om minder stoppe by die vulstasie te maak. Volvo noem selfs dat hierdie D5 ‘n algehele brandstof verbruik van onder 5 liter /100km en ‘n totale afstand van 1250km kan haal.

Verbasend goed vir ‘n voertuig wat vier mense en 500 liter bagasie gemaklik kan dra; terwyl dit tot 2.2 ton kan sleep.

Vele SUV’s in hierdie prysklas sukkel om sulke syfers te behaal.

Met 173kW (teen 4000 opm) en 480Nm (tussen 1750 en 2250 opm) is die D5 nie so kragtig soos die (beter geprysde) 187kW en 350Nm T5 model nie, maar kan dit die 0-100km/h merk haal in net ‘n skrale 0.2 sekondes meer.

Die Inscription pakket is miskien nie so sporttief gefokus soos die T5 R-Design pakket nie, maar bied dit steeds ‘n luukse en gesofistikeerde ontwerp. Vir onder R1-miljoen is hierdie raar om deesdae te kry.

Binne is die S90 Inscription toegerus met uiters gemaklike leer-bekleedte (en verhitte) sitplekke. Met die aankoop van spesifieke pakette, kan hierdie sitplekke selfs help met verkoeling en die insittendes gemaklik en rustig masseer.

Volvo was ook een van die eerste vervaardigers om ‘n sentrale inligtingstelsel te implimenteer, wat die gebruik van knoppies elimineer. Hierdie neem tyd om aan gewoond te raak, maar bied meer gemak en effektiwiteit in die lange duur.

Gepaard met die normale USB en 12V punte, is die S90 Inscription ook toegerus met Android Auto en Apple CarPlay. ‘n Bowers and Wilkins klank-sisteem help om die atmosfeer van die S90 uiters uniek en plesierig te hou.

In terme van ekstra veiligheid is die Inscription model ook toegerus met spoed beheer en elektroniese baan-hulp.

In ‘n SUV-behepte mark word vele sedan diamante gemis, waarvan die Volvo S90 D5 Inscription ‘n blink ene is. Daar is tans baie goeie SUV produkte op die mark, met Volvo, wat self ‘n uitstekende XC reeks bied.

Die SUV mark kan en hoef nie afgeweeg te word nie, maar terselfdetyd moet uitblinkers in die sedan mark soos die S90 nie oordonder word nie. In werklikheid kan die S90 net soveel (in dien nie meer) as die mees soortgelyk geprysde SUV doen.  


Leave a Comment