Dit is deesdae bykans ongehoord om ’n Suzuki artikel te lees, of ’n video te kyk, waar die Maruti vennootskap tussen Suzuki en Toyota nie genoem word nie. Ons het dit ook al etlike kere genoem, so laat ons dus nie nog ’n artikel gebruik om aandag hieraan te bestee nie.
Waaraan ons egter aandag kan spandeer, is Suzuki se uitstekende nuwe mylpale, sowel as die nuwe Grand Vitara.
Soos voorheen genoem, sit Suzuki Suid Afrika nou ferm in die derde algehele plek, wanneer dit by die verkoop van passasiersvoertuie kom. Nege jaar na (Augustus 2017) die vervaardiger se terugkeur na Suid-Afrika het Suzuki altesaam 50 000 voertuie verkoop. Om hierdie in perspektief te plaas, het Suzuki net soveel nuwe voertuie verkoop in die afgelope jaar alleen, met die 201 417e voertuig, wat in Julie 2023 verkoop is.
Suzuki SA is beslis op ’n merkwaardige tog, met 2023, wat ook die bekendstelling van vele nuwe modelle gesien het. Terwyl die 5-deur Jimny nog formeel op die verkoopsvloer geplaas moet word, het die eerste Eeco, Fronx, en XL6 modelle reeds huise gevind.
Die nuwe Grand Vitara was egter een van bekendstellings, waarna ons die meeste uitgesien het in 2023, en Suzuki SA het ons beslis nie teleurgestel met die voertuig nie. Hierdie voertuig het ’n sterk geskiedenis, met die eerste Grand Vitara, wat sowat 20 jaar gelede al begin verkoop is (Die Vitara naam is al seder 1988 bekend).
Die eerste model het by die mark aangesluit as ’n meer luukse, dog uiters bekwame 4×4 voertuig, te danke aan die leer onderstel. Hoewel dit dal knie die eerste voertuig van dié tipe was nie, het dit steeds aan kopers die opsie van ’n praktiese, dog gemaklike stedelike voertuig gebied. Die eerste Grand Vitara het selfs met laestrekwerking en tydeleike 2WD gekom.
Die tweede generasie van die Grand Vitara is in 2005 uitgebring, maar het eers werklik die Suid-Afrikaanse paaie in 2009 gesien, nadat die vervaardiger weer die land binne gekom het. Hierdie model was meer modern met ’n geïntegreerde leer onderstel en ’n voltydse vierwieltrek sisteem met ’n ewenaar met beperkte gly.
Sedertdien het Suzuki die Vitara in 2014, met die nuwe AllGrip sisteem, sowel as die Vitara Brezza in 2021 bekend gestel. Hierdie jaar was egter die meer luukse Grand Vitara se beurt en dit mag dalk net een van die beste in die segment wees.
Met ’n sterk fokus op brandstof ekonomie, gebruik die Grand Vitara dieselfde K15B (1.5 liter petrol) enjin, wat in talle ander Suzuki’s ook gesien word. Hoewel dit nie as die mees kragtige eenheid bekendstaan nie, is dit oorgenoeg om ’n volgepakte Grand Vitara te dryf, sowel as om ’n brandstof ekonomie onder 6 liter / 100km te lewer. Uiteindelik wys Suzuki hier dat ’n duursame en dalk problematiese turbo eenheid nie nodig is om ’n laer brandstof verbruik te lewer nie.
Die vier silinder enjin is instaat daartoe om 77kW en 138Nm te lewer, hoewel dit teen met die ikoniese höer revolusies kom. Dit is egter nie noodwendig nadelig nie, met pad- en enjin geraas, wat bykans ongehoord is. Net so, word die Grand Vitara ook met die ikoniese 5-spoed handrat, of die 4-spoed outomatiese ratkaste verkoop.
Suzuki maak ook gebruik van hul splinternuwe K15C petrolenjin (hibried), in die top-geprysde GLX (lae hibriede) 12-volt model.
Verder mag die nuwe Grand Vitara dalk meer stads-gereed (eerder as 4×4-gereed) lyk as die vorige model, maar soos hulle in Engels sê: “Looks can be deceiving”. Dit is omdat die nuwe generasie grootter wielboë en grootter duim wiele het. Hierdie model kom ook egter met die AllGrip sisteem, en is tydens die bekendstelling bewys om goed te doen op die 4×4 roetes. Hierdie is ook te danke aan die 210mm ryvlak hoogte (selfs höer as die vorige Grand Vitara), soortgelyk aan die Suzuki Jimny. Die AllGrip sisteem laat ook toe dat die voertuig se verrigtinge elektronies verstel kan word om in die sneeu / modder, 4×4 kruip (laestrek), of net op gewone paaie te ry. Die voertuig het selfs ’n sportiewe verstelling om die voertuig meer, wel, sportief te maak.
Ons gaan nie te veel oor die bakwerk, of selfs die binneruim, in die artikel skryf nie. Daarvoor kan lesers gerus verwys na die bekendstellings artikel: https://www.namwheels.com/bekendstellings-verslag-die-derde-generasie-suzuki-grand-vitara-is-hier/ .
Hoewel ons net die outomatiese GLX model (Geprys: R417 900) getoets het, was dit reeds ’n waardige opsie in eie reg. Die 210mm ryvlak hoogte is nie net 10mm meer as die tweede generasie nie, maar ook net so hoog soos die Jimny en selfs die hoogste in hierdie SUV klas segment.
Hoewel ons nog nie baie raad kan bied in terme van die 5-deur Jimny nie, vermoed ons dat die duurste (teen R529 900) Grand Vitara AllGrip Outomatiese model dalk interne kompetisie mag bied, siende dat dit langer (met meer interne spasie) en luukser mag wees as die 5-deur Jimny. Ongelukkig kan ons nog nie die prys van die twee voertuie vergelyk nie.
Ons het ook onderandere die onlangse Kyalami Spoedfees bygewoon, waar beide die 5-deur Jimny en die AllGrip Grand Vitara dieselfde 4×4 hindernisbaan aangedurf het. Beide het uitmuntend gevaar, wat al meer rede vir hierdie interne konflik mag gee. Op die ou end van die dag mag dit dalk net neerkom op persoonlike keuse.
Uiteindelik is die nuwe Grand Vitara ’n uitstekende voertuig, beide in die stad, sowel as op die oop pad. Ons hou natuurlik baie van die 5-spoed handrat, bloot omdat handratte besig is om uit te sterf. Dog is die 4-spoed outomaties net so doeltreffend, te danke aan die agter stuur ratkas pedale, sowel as die snelrat funksie.
Nog ’n punt, wat ons ook voorheen in beide die Fronx, en XL6 artikels aangehaal het, was die feit dat Suzuki nie hul kopers melk om die duurste en beste model te koop nie. Die sprong tussen ’n GL en ’n GLX model is nie noodwendig so groot nie, met die GL model, wat selfs LED ligte, sleutellose toegang en aanskakeling, ‘n 7-duim raakskerm, ’n trurat kamera, draadlose konnektiwiteit, en selfs heuwel-vas-hou-beheer het.
Dit is hier, waar Suzuki se sukses aan toegeskryf kan word. Hiermee sê ons nie dat almal eerder GL modelle moet koop nie, maar dat die feit egter is dat GL-kopers nie net ’n dop met ’n enjin sal kry, en ’n addisionele premie sal moet betaal om duurder items by te kry nie.
Terwyl die GL modelle egter R339 900 (handrat) en R359 900 (outomaties) is, is die GLX modelle ietwat duurder teen R397 900 (handrat) en R417 900 (outomaties). Hiermee kom diamantgesnyde 17-duim allooi wiele, ‘n 9-duim raakskerm, ‘n 360 grade kamera, draadlose foon-laai funksionaliteit, leer bekleedsel, en binne beligting.
Na ons mening is dit steeds die moeite werd om die GLX aan te skaf en bied dit steeds klas-leidende funksionaliteit en gehalte.
Suzuki SA se filosofie word perfek uitgebeeld met hul vlagskip model. Dit mag dalk ’n duursame produk wees, maar kopers sal nie tot op hul knieë gebring word om een aan te skaf nie. Terselfdetyd word kopers nie subtiel gedwing om die beste, duurste model in die reeks aan te skaf nie.
+1