Dit is deesdae bykans ongehoord om ’n Suzuki artikel te lees, of ’n video te kyk, waar die Maruti vennootskap tussen Suzuki en Toyota nie genoem word nie. Ons het dit ook al etlike kere genoem, so laat ons dus nie nog ’n artikel gebruik om aandag hieraan te bestee nie.
Vitara Afrikaans
Bekendstellings verslag: Die derde generasie Suzuki Grand Vitara is hier
Die Grand Vitara naam is terug! Die laaste paar jaar het ons die Vitara en Vitara Brezza name gehoor en gesien. Dit was een van die redes waarom die Japanse vervaardiger so suksesvol in Suid-Afrika was. Die Grand Vitara-naam keer nou terug na dieSuidelike deel van die vasteland, om nie net Suzuki se luukse aanbiedings voort te bou nie, maar ook om nuwe en opwindende meganiese tegnologieë te bring.