Oor die afgelope paar jaar het Mahindra as ‘n redelike onlangse vervaardiger dit goed reg gekry om ons, die joernaliste by NamWheels, te beïndruk. Natuurlik is elke vervaardiger nie volmaak nie en sal nuwe vervaardigers wat die mark betree meer swart skape hê as ander. Met Mahindra het hierdie hoeveelheid aansienlik verander.
Veral in die afgelope twee jaar het die XUV300 en nuwe S11 Pikup ons aansienlik verras. Hierdie word deur Mahindra se verkoops-statistiek oor die laaste dekade gesteun, met 400% meer plaaslike verkope as in 2011. Die rede hiervoor is eintlik heel eenvoudig: met ‘n groeiende middel klas en ‘n stywer ekonomiese atmosfeer, soek kopers na iets wat voldoen aan al die standaarde van ‘n normale voertuig, maar teen ‘n fraksie van die prys.

Met die XUV300 word ‘n uitmuntende 5-ster NCAP veiligheids-standaard gebied, goeie binneruim spasie, ‘n haalbare brandstof-verbruik, ‘n goeie informasie-sisteem en ‘n goeie ryvlak-hoogte. Neem die S10 en S11 Pikup bakkies en diegene wat na ‘n betroubare en bekostigbare werksvoetuig soek, sal baie gelukkig wees.
Hierdie is ‘n vervaardiger wat dalk nie volgens Jan Alleman die mooiste voertuie uitbring nie, maar kan hulle wel ‘n klop op die skouers kry vir konstante produk-verbetering en aanpassings.

Die XUV300, wat ‘n stedelike voertuig is en die S11 Pikup, wat primer ‘n werks-voertuig is, bleik dit dat Mahindra probeer het om die twee te kombineer in iets waarvoor die mark tans na neig; ‘n Bakkie wat meer in die stad gebruik sal word as familie motor, eerder as spesifiek vir werksverrigting.
Outomaties sal dit behels dat die bakkie omskep sal moet word in iets, wat deur die hele familie gebruik sal kan word. Dus moet dit veilig, betroubaar, outomaties, aantreklik, gemaklik en funksioneel wees (veral aan die binneruim). Dit is om hierdie rede dat Mahindra die S11 omskep het na ‘n outomatiese weergawe, meer gepas vir die stedelike mark.

Die vervaardiger het ons dus toevertrou met die spesiale S11 Karoo weergawe vir ‘n langtermyn toets om te sien, wat ons daarvan dink.
Laat ons eers die drukkende vraag uit die weg ruim. Teen R429,999 is die Karoo weergawe R15,000 meer as die normale S11 outomatiese 4×4 Pikup. Vir hierdie prys kry die koper esentieël dieselfde voertuig, behalwe met ietwat meer aantreklike wieldoppe, Karoo plakkers, ‘n “Securelid”, wat die agterste laairuim toemaak en meer pyp raamwerke rondom die voertuig. Verseker laat hierdie die S11 beter lyk en meer koppe draai.

Teen hierdie prys is die 4×4 Karoo net R30,000 meer as die 4×2 outomatiese weergawe en R35,000 meer as die S10 outomatiese Karoo. In werklikheid is hierdie nie ‘n groot prysverskil nie. Terselfdetyd is die S11 Karoo outomaties ook sowat R180,000 tot R200,000 goedkoper as die naaste outomatiese 4×4 kompiteerder.
Sekerlik dan is die S11 Karoo DC nie die moeite werd om te koop nie, veral siende dat hierdie die vervaardig se eerste outomatiese dubbelkajuit is?
Stadig vir eers…
Inaggenome dat die kompeterende outomatiese dubbel-kajuit bakkie mark selde onder die R600,000 mark strek, is hierdie nie ‘n slegte aanbod deur Mahindra nie.
Natuurlik kan als nie perfek wees nie, maar bied die Karoo S11 goeie waarde vir geld, en as dit ‘n moet is dat ‘n bakkie aangekoop moet word as familie voertuig, maar sente moet omgedraai word, is die S11 nie sleg nie. In terme van werksverrigting verkies ons steeds die handrat S10, maar sal ons later by hierdie punt uitkom.

Die bestuurs-posisie is voldoende en gemaklik, maar kan die kragstuur wel swaar word op die grondpad in 4×4. So groot soos die voertuig is, is dit egter nie moeilik om uit te sien nie, te danke aan die dun A-pilaar.
Standaard sal die S11 ook met twee lugsakke (voor), elektriese vensters, klimaat beheer en ABS met EBD uitkom. Dus nie sleg vir so ‘n intreevlak prys nie.

Die 2.2 liter turbodiesel verskaf ook 103kW en 320Nm, maar moet egter nie verwag dat die ses-spoed outomatiese ratkas die 0-100km/h rekord sal breek nie. Om die waarheid te sê, is hierdie een van ons stadigste voertuie op toets nog. Dus is dit geensins die rede vir die voertuig nie… en sou dit wees, sal ons eerder iets soos ‘n onpraktiese maar wakker Mazda MX-5 voorstel.
As die aantreklikheids faktor van ‘n bakkie belangriker is as enigiets anders, sal ons voorstel dat die S11 Karoo weergawe die additionele uitgawe werd is, maar indien nie, sal die normale S11 D/C presies dieselfde funksie verrig.

Soortgelyk het Mahindra wel nog baie aanpassings om te maak met die outomatiese ratkas, wat effe sukkel teen hoë revolusies. Op die grondpad teen steil sinkplaat afdraende kan “Hill descent control” geaktiveer word, maar sukkel die ratkas om volle handrat beheer aan die bestuurder oor te gee, sou hy/sy self die revolusies wou hanteer.
Om hierdie rede, sal ons vir nou die S10 handrat dubbelkajuit weergawe verkies, waar die bestuurder nog self die ratkas kan hanteer.

Die huidige kopkrepper met ‘n bakkie as familie voertuig is ook die balans tussen suspensie gemak, werksverrigting kapasiteit en informasiesisteem aanpassings tot die binneruim. Hier het die S11 Karoo ongelukkig nog werk nodig, met die agterste vering, wat baie hard is, maar uiteraard ‘n groot volume in die laaibak sal kan dra.
Met betrekking tot die sewe duim informasie sisteem kan die S11 ook leer by die kleiner XUV300, wat ‘n baie goed geintegreerde informasie pakket het met Bluetooth konnektiwiteit asook AppleCarPlay en Android Auto. Met net Bluetooth in die Karoo, is dit konstant tydsrowend om die foon aan die sisteem te koppel.

Terselfdetyd is dit ook tydrowend om die radio sagter te sit na elke draai van die sleutel om die voertuig aan te skakel. Selfs as die radio afgesit word, sal dit kliphard aan blaker sodra die voertuig weer tot lewe gebring word.
Bygesê kom die informasie sisteem darem met ‘n voldoende navigasie sisteem sowel as ‘n trurat kamera.

Om hierdie rede sien ons egter die S11 Karoo steeds as ‘n werks-voertuig, meer as ‘n familie-speelding. Soos ons wel genoem het, is Mahindra tans die voorstaanders vir verbetering en glo ons dat die volgende S11 Karoo opgradering al hierdie kinkels uit te weg sal ruim.
Wat behoort die Karoo se brandstof gebruik te wees?