Een Baleno (Bah-leno) asseblief!
Die nuwe Suzuki Baleno het in 2016 op Suid-Afrikaanse grond geland. Ietwat langer (87mm) as die Swift model, val die Baleno dan reg in kompetisie met die Volkswagen Polo, Ford Fiesta, Renualt Clio en Opel Corsa. Dit is ook selfs genoem dat die Baleno dalk die Swift reeks heeltemal mag vervang, maar dis egter net bespiegelings. Die groot vraag dan: Is die Baleno ‘n meetbare kompiteerder in hierdie gewilde mark?
Die Baleno kom na Suid Afrika met drie modelle naamlik die GL, GLX en die GLX (outomaties). Al drie modelle word deur ‘n 1.4 liter, 4 silinder enjin aangedryf, wat 68kW (teen 6 000 opm) en 130Nm (teen 4200 opm) uitskop. Verbruikers sal ‘n keuse tussen ‘n vyf-spoed handrat en vier-spoed outomatiese ratkas hê. Hierdie twee enjins het reeds ‘n reputasie in die nuwe Swift, Ertiga en Ciaz opgebou. Nuusgrepe dui ook daarop dat ‘n 1 liter weergawe van die Baleno dalk in Suid Afrika mag land.
Suzuki het ook noem dat die handrat weergawe die 100km/h merk sal haal in 10,9 sekondes, met die outomatiese weergawe ietwat stadiger teen 11.6 sekondes.
Die GLX handrat, waarmee ons gery het, kom natuurlik met heelwat ekstra’s soos 16 duim allooi wiele, ‘n chroom drukvlerk, LED-dagligte, parkering sensors en spoedbeheer. Binne die voertuig is daar vir die bestuurder ‘n 6,2 duim Pioneer “streelpaneel”, ‘n leer-oorgetrekte stuurwiel en ‘n “start-stop” knoppie, wat die outydse sleutel vervang. Die GLX kom ook met 6 lugsakke, ABS, EBD, sowel as 4 IsoFix kinderstoel “ankers”.
Die Baleno staan sterk teenoor die kompetisie met ‘n kattebakspasie van 1085 liter as die agterste sitplekke platgeslaan is. Opgeslaan sal twee volwasse passasiers ook heel gemaklik kan sit met oorgenoeg beenspasie. Binne is die Baleno met deeglike plastiekbekleedsel en materiaalsitplekke toegerus en na ‘n week se rondrits kon daar geen byklanke gehoor word vanaf die plastiek panele nie.
Padgeraas is ietwat van ‘n kwessie teen hoë revolusies, maar het die tendens om heelwat minder te raak op die oop pad. ‘n Spoed van 120km/h kan maklik behaal en behou word teen 3 000 opm, genoeg om gemaklik ‘n gesprek met almal in die kar te voer. Meer fassinerend is ook dat hierdie matigheid met die regter pedaal ook ‘n brandstofverbruik van 5,5 l/100km sal lewer. Hierdie is nie ver van Suzuki se beraamde 5,1 l/100km nie. In ag genome dat ons brandstofverbruik meestal in die stad was, kan hierdie voertuig maklik meer as 650 km uit die 37 liter tenk kry.
Rygemak was hard dog baie goed om ongelyke paaie se knikke te absorbeer, en die stuurwiel lig en maklik. Op die langpad kan hierdie voertuig net ‘n plesier wees.
Die GLX, alhoewel die duurste in die reeks, bied uitstekende waarde vir geld. Die GLX handrat kan aangekoop word teen ongeveer N$230,000, en die outomatiese weergawe teen omtrent N$245,000. Dit is ietwat skaars om een van die Baleno se kompeteerders wat so goed toegerus is, onder die N$230,000 merk te kry.
Die Baleno kom van die vloer af met ‘n 4 jaar of 60 000 km diensplan en 3 jaar/100 000 km waarborg.
Indien jy opsoek is na ‘n betroubare, brandstofdoeltreffende en gemaklike gesinsvoertuig, moenie te ver gaan soek nie. Suzuki mag dalk net die spyker op die kop geslaan het met die Baleno. Dit is voorwaar ‘n wel afgeronde produk.
0-10km/h: 0,54 seconds
0-20km/h: 1,14 seconds
0-30km/h: 1,73 seconds
0-40km/h: 2,30 seconds
0-50km/h: 3,41 seconds
0-60km/h: 4,51 seconds
0-70km/h: 5,58 seconds
0-80km/h: 6,76 seconds
0-90km/h: 8,46 seconds
0-100km/h: 10,18 seconds
0-110km/h: 12,02 seconds
0-120km/h: 14,11 seconds
0-130km/h: 17,00 seconds
0-140km/h: 20,60 seconds
0-150km/h: 25,20 seconds
0-100m: 7,30 seconds @ 84,16km/h
0-200m: 11,12 seconds @ 105,21km/h
0-300m: 14,29 seconds @ 121,00km/h
0-400m: 17,14 seconds @ 130,38km/h
100-0km/h: 2,89 seconds @ 41,62 metres (once-off)
——————————-
0-10mph: 0,91 seconds
0-20mph: 1,86 seconds
0-30mph: 3,18 seconds
0-40mph: 4,94 seconds
0-50mph: 6,82 seconds
0-60mph: 9,57 seconds
0-70mph: 12,54 seconds
0-80mph: 16,21 seconds
0-90mph: 22,67 seconds
1/4 mile: 17,21 seconds @ 81,07 mph
Maximum acceleration G-force: 0,52G
Altitude: 60m
All data captured by Racelogic® Performance Box