Een Baleno (Bah-leno) asseblief!
Die nuwe Suzuki Baleno het in 2016 op Suid-Afrikaanse grond geland. Ietwat langer (87mm) as die Swift model, val die Baleno dan reg in kompetisie met die Volkswagen Polo, Ford Fiesta, Renualt Clio en Opel Corsa. Dit is ook selfs genoem dat die Baleno dalk die Swift reeks heeltemal mag vervang, maar dis egter net bespiegelings. Die groot vraag dan: Is die Baleno ‘n meetbare kompiteerder in hierdie gewilde mark?