Sonnige Plesierigheid!
‘n Citroën was nog nooit Jan Alleman se motor nie maar dié wat Citroëns gery het, het by hulle gesweer. En aangetroude neef Sias se idee van die hemel in die 1970s was ‘n plek waar jy Citroën DS-modelle met V8 enjins kry! My eie idee van hemel-op-aarde bly steeds om ‘n Citroën 2 CV Eendjie in my waenhuis te trek en rustig op sonskyndae met die seilkappie af seelangs Bettiesbaai toe te ry.