Preconceptions can be a dangerous or irritating thing but my recent test of a small Peugeot showed that they can also be shattered.
C1
Padtoets: Toyota Aygo
Die X-Faktor in die Stad
Gedink dat Toyota voertuie vaal is? Kyk weer; die nuwe Aygo kom met ‘n X-faktor wat baie, baie opsigtelik is. Die Aygo, wat die bakwerk en meganika van die kleinste Citroën C1 en Peugeot 107 deel en saam met hulle in die Tsjeggiese Republiek gebou word, het ‘n metamorfose ondergaan.
Padtoets: Citroën C1 Airscape
Sonnige Plesierigheid!
‘n Citroën was nog nooit Jan Alleman se motor nie maar dié wat Citroëns gery het, het by hulle gesweer. En aangetroude neef Sias se idee van die hemel in die 1970s was ‘n plek waar jy Citroën DS-modelle met V8 enjins kry! My eie idee van hemel-op-aarde bly steeds om ‘n Citroën 2 CV Eendjie in my waenhuis te trek en rustig op sonskyndae met die seilkappie af seelangs Bettiesbaai toe te ry.
Padtoets: Citroën C1
‘n Briesie uit verre Tsjeggië
Die wêreld het sedert die val van die Berlynse Muur in 1989 radikaal verander, Wes is nie meer Wes nie en Oos nie meer Oos nie. Maar ook nie heeltemal nie. Wie het ‘n dekade of twee gelede gedink dat Citroëns en Toyotas in die voormalige Tseggoslowakye gebou sou word en uiteindelik ‘n alledaagse verskynsel op Namibiese en Suid-Afrikaanse paaie sou word?