Sestig Jaar Citroën DS
Citroën is ‘n ander soort motor en dit is nou sestig jaar sedert die “anderste”, vaartbelynde haai-op-wiele die aandag wêreldwyd getrek het, en nog steeds fassineer.
Citroën is ‘n ander soort motor en dit is nou sestig jaar sedert die “anderste”, vaartbelynde haai-op-wiele die aandag wêreldwyd getrek het, en nog steeds fassineer.
‘n Citroën was nog nooit Jan Alleman se motor nie maar dié wat Citroëns gery het, het by hulle gesweer. En aangetroude neef Sias se idee van die hemel in die 1970s was ‘n plek waar jy Citroën DS-modelle met V8 enjins kry! My eie idee van hemel-op-aarde bly steeds om ‘n Citroën 2 CV Eendjie in my waenhuis te trek en rustig op sonskyndae met die seilkappie af seelangs Bettiesbaai toe te ry.
Franse motors was nog al die jare anders as die res. Vra maar vir enige eienaar van die klassieke Citroëns, Peugeots en Renaults uit die jare Vyftig, Sestig of selfs so laat as die Sewentigs. En nie al die kommentare gaan net positief wees nie; sommige elementêre onderhoudstake kon nie sonder spesiale gereedskap en kundigheid gedoen word nie!
Maar dit was tóé en ons leef in die nóú.
Vir Citroën-entoesiaste hoef jy net die letters “DS” te noem en jy kan weet daar gaan lekker gesels word! Die DS-letters gaan terug na die tyd toe die rewolusionêre “nuwe” Citroën ID 19 in die middel-vyftigs die hele wêreld onkant betrap het met ‘n bakvorm wat aan ‘n glibberige haai herinner het.
Some people argue that there are too many cars and too many car makers in the world. Some people could be right. I’ve often pondered which ones we could do without and quickly realised that sheer sales volumes should not be a factor in this decision – or we wouldn’t have cars like the Citroën DS3.
Dit is alleen op die langpad wat ‘n mens ‘n motor werklik leer ken. Die KKNK op Oudtshoorn het die geleentheid gebied om die Citroën Aircross deeglik op die proef te stel op goeie teerpad en modderige grondpaaie rondom Calitzdorp.
Hoe ouer ons word, hoe meer leef en herleef ons die verlede. Dit het vir my weereens duidelik geword met ‘n blomme-kyk rit met die Citroën DS5 Namakwaland toe. Om twee redes, ek is ‘n gebore Namakwalander en op agtien het ek vir ‘n toetsrit agter die die stuur van ‘n Citroën ingeskuif, weliswaar nie ‘n DS nie maar die ID wat uiterlik net soos die legendariese DS gelyk het.