“G” vir “Giftig”
Die Volkswagen Golf GTi word dikwels as ‘n legende in die motor-industrie beskou, en ek ‘n paar dae met hom gekuier om uit te vind hoekom. Die eerste GTi uit die sewentige jare was een van die eerste “warm blitsbukse” omdat ingeneurs ‘n klein stadsmotor met ‘n hoë-verrigtingsenjin gemeng het.