Die jaar is 2022 en die woorde “Haval Jolion” is op bykans almal se lippe. Elke sosiale interaksie of kantoor gesprek het iewers na hierdie voertuig gedraai. Twee jaar later, en die Jolion HEV (hibried) land by ons aan. Nou, ’n enkele paar maande later, het Haval se Jolion nog ’n model; naamlik die ‘Pro’.
Jolion
Padtoets: 2023 Haval Jolion HEV
Daar is geen twyfel dat nuwe voertuie by die dag duurder word… teen ’n astronomiese koers. Gepaard met dit, is dit bykans onmoontlik om ’n kompakte SUV vir onder R500 000 te koop, om nie eers te praat van die hibriede weergawes nie. Net Toyota het dit tot dusver reg gekry om hul Corolla Cross 1.8XS HEV (Hibried) teen minder te verkoop, te danke aan plaaslike vervaardiging.