Koning van Japan?
Dit voel soos nou-die-dag wat ek die bekendstelling van die eerste Lexus RX-modelle ‘n hele paar jaar gelede in die Kaap bygewoon het. Die eerste indruk van die RX was dat hy ‘n nuwe mode stelling gemaak het met sy vaartbelynde voorkoms en die toonbeeld van krag wat hy uitgestraal het, heeltemal in kontras met die 4×4 voertuie van die tyd.