Hyundai: Van Basterponie tot Volbloed Hings!
Korea was tot ‘n dekade of wat gelede ‘n land iewers in die Ooste waarvan Suid-Afrikaners min geweet het en selde besoek het. Maar by sommige van ons ouer lesers mag daar tog noue bande met Korea bestaan omdat hulle pa’s of oupa’s in 1950 lede van die “Vlieënde Cheetahs” was wat daar saam met die Amerikaanse Lugmag teen die Kommunistiese Noord-Korea geveg het.