Alhoewel grondpaaie steeds van die mees prominente grond oppervlaktes bly in Suider-Afrika, is daar nog baie motoriste, wat hierdie oppervlakte nog nie aangevat het nie. Grondpaaie kan lekker wees, wanneer daar met die natuur vereenselwig wil word of selfs as jy net daarvan hou om die voertuig ietwat vuil te maak. Grondpaaie bied egter ook ‘n nuwe manier van bestuur en ander waarnemings om in ag te neem as op die normale teerpaaie, waaraan ons gewoond is.
- Wees op die uitkyk vir die omgewing
Iets om in ag te neem is dat grondpaaie meestal in landelike gebiede gevind word. Hier kan dit deur verskillende padgebruikers gebruik word. Dit kan trekkers, motorfietse, fietse, trokke en selfs diere insluit.
Wees op die uitkyk vir enige onverwagse element om dalk ‘n verskyning te maak.
-
‘n Grondpad kan verskillende grond oppervlaktes behels
‘n Grondpad kan verskillende teksture inhou binne ‘n kort ruimte. Hierdie kan sand, klei, harde- en sagte grond en klipperigheid inhou. Elk van hierdie oppervlaktes kan verskillend benader word, maar dit bly veilig om ‘n konstante en veilige spoed te hou met geen skielike bewegings nie.
- Stof, Stof en stof
As ‘n woestynkind is dit gepas om oor stof te skryf. Droeë grond en sand veroorsaak baie stof, iets wat tot baie skadelike gevolge kan lei. Afhangend van die sagtheid van die oppervlakte, kan stof veel erger wees as daardie vroeë grond en sand veroorsaak baie stof, iets wat tot skadelike gevolge kan lei. Afhangend van die sagtheid van die oppervlakte, kan stof veel erger wees as daardie vroeë oggend mis op die snelweg.
Stof bring ‘n addisionele gevaar van los grond en klein vlieënde klippies, wat teen spoed, redelike skade kan veroorsaak.
Dit is dus belangrik om ‘n veilige volg afstand te hou en om seker te maak dat die pad vorentoe, wel gesien kan word.
- Weer patrone
Ry in die Weskaap, Transvaal of noordelike Namibië en weersomstandighed kan vining verander. Iets wat ons persoonlik onlangs waargeneem het.
Nat grondpaaie kan baie gevaarlik wees met water plasse, wat ‘n kar maklik van koers kan sit. Modder en nat paaie kan nie net skadelik wees en ‘n kar vining tot stilstand bring nie, maar dit kan ook maklik met ‘n voertuig op sy eie roete neem.
Maak seker dat spoed nog meer afgebring word sodra die grondpad in reën aangepak word.
- Wat ek moet doen op grondpaaie?
Soos voorheen genoem is dit belangrik om die spoed so veilig as moontlik te hou. Spoed beperkings is daar vir ‘n rede op grondpaaie (al is daar nie noodwendig kameras nie). Tweedens moet volgafstand gehou word! Onthou: hoe groter en swaarder die voertuig, hoe langer neem dit om tot stilstand te kom.
‘n Tweede punt is om nooit die remme te laat sluit nie. ‘n Nie roterende wiel kan veroorsaak dat daar nog minder traksie is en uiteraard, geen stuurkrag. Indien ‘n persoon in ‘n gevaar situasie sou beland, sorg dat die wiel steeds effens roteer, alhoewel al hoe stadiger. Hierdie sal toelaat dat die bestuurder steeds die kar sal kan draai of vinniger tot stilstand kan kom.
Op grondpaaie is dit ook ideaal om geen ratse draai of versnellings aksies te laat plaasvind nie. Indien ‘n wiel vinniger roteer of skerper draai as die drakrag bo dit, sal die voertuig maklik uit beheer raak.
Bly ook altyd in die spore. ‘n beweging uit die spore sal toelaat dat die voertuig op los klippies gaan, wat geen of min traksie hou. Indien daar voertuie van voor kom is dit wel veilig om van die spore af te wissel, net as spoed veilig gehandhaaf word.
Grondpaaie kan ook maklik ‘n voertuig in ‘n krap verander. Indien die voertuig sywaarts begin beweeg, haal die voet van die versneller af en rem liggies. Met genoeg wiel rotasie sal die kar steeds kan draai in die rigting wat geoogmerk word.
‘n Laaste en belangrike punt is ook om die wiele dop te hou. Vir grondpad gebruik is dit ideaal om diep groewe te hê, wat sal toelaat dat grond en klein klippies nie vasgevang bly tussen die band en die oppervlakte nie; dit sal meer traksie toelaat. Tweedens is dit ook belangrik om wiele tot op ‘n aanvaarbare vlak af te blaas; genoeg vir die band om maksimum traksie op die pad te hê, maar ook nie te veel om pap bande te veroorsaak nie.
So voordat jy volgende keer die grondpad aanpak, maak seker dat jy die ettiket van goeie grondpad gebruik verstaan. Dit sal beslis jou eie lewe en jou kar kan beskerm.
Teks: Franco Theron