Die “Spirit of Amarok Media Challenge” is in April 2019 naby Nelspruit gehou met 30 motor joernaliste wat deelgeneem het. Die “Spirit of Africa” en “Spirit of Amarok” staan onder die leiding van die legendariese Suid-Afrikaanse renjaer, Sarel van Merwe.
Namibië
Veiligheidswenke vir die grondpad
Alhoewel grondpaaie steeds van die mees prominente grond oppervlaktes bly in Suider-Afrika, is daar nog baie motoriste, wat hierdie oppervlakte nog nie aangevat het nie. Grondpaaie kan lekker wees, wanneer daar met die natuur vereenselwig wil word of selfs as jy net daarvan hou om die voertuig ietwat vuil te maak. Grondpaaie bied egter ook ‘n nuwe manier van bestuur en ander waarnemings om in ag te neem as op die normale teerpaaie, waaraan ons gewoond is.
Bekendstelling: Renault Duster
Renault se nuwe Duster 4×2 en 4×4 gaan Namibiërs verras
Met die onlangse bekendstelling van sy veeldoelige Duster in die C-SUV segment is Renault SA oortuig dat hierdie nuweling in die Renault stal ook in Namibië en Suid-Afrika die ongekende sukses gaan behaal as wat die geval in Rusland, Indië en Brasilië was.
Bekendstelling: Renault Clio 4
Vars uit ‘n Franse Bakoond!
Met sy aanwysing as die een van die top drie mooiste motors op die Paryse Motorskou in 2012, en een van die finaliste vir die prys vir die beste ontwerpte motor vir die jaar vir 2013, is dit geen wonder dat Renault se bemarkingspan oortuig is dat sy nuwe Clio 4 ook ‘n wenner in Suid-Afrika en Namibië gaan wees nie. Dit was die boodskap met die onlangse bekendstelling van die nuwe Clio 4 aan die pers.
Bekendstelling: Volkswagen CC [2012]
Cabriolet en Coupé in een voertuig
Sedert die bekendstelling van die Volkswagen CC in Suid-Afrika en Namibië, ongeveer vier jaar gelede, was hierdie vierdeur koepee reg van die begin af ‘n treffer en was dit veral die opvallende en sportiewe ontwerp van die motor wat heel eerstens die oog getref het. Dit is dus ook geen wonder dat die Volkswagen CC in Europa en ook in Australië verskeie pryse vir sy ontwerp gewen het nie.
Bekendstelling: Suzuki Swift Sport [2012]
Warm, maar mooi
Met hierdie slagspreuk hot but smart het Suzuki so pas sy opgegradeerde Swift Sport bekend gestel en mik hulle daarna om ongeveer 150 eenhede per maand te verkoop.
Bekendstelling: Toyota Hilux reeks [2011]
Toyota brei sy Hilux reeks uit
Sedert die eerste verskyning van Toyota se Hilux bakkies in Suid-Afrika in 1969 het hierdie handelsnaam byna ikoniese status bereik; ook in Namibië. Weg was die groot en swaar Amerikaanse 6- en 8-silinder dorstige bakkies en het hierdie 1.5 liter met die kort wielbasis die meer ekonomiese alternatief in veral die landboubedryf geword.
Bekendstelling: 2011 Toyota Hilux
Die Nuwe Gesig van ‘n Wenner
In Suid-Afrika en Namibië is die mark vir een ton bakkies ‘n baie belangrike en hoogs kompeterende mark. Toyota se Hilux , waarvan die bakvorm nou al van 2005 kom, is nou al reeds ‘n hele aantal jare die top verkoper in hierdie mark…