Padtoets: 2018 Nissan Micra Acenta Plus

‘n Ouer tiener met meer selfvertroue

Die Nissan Micra het nog altyd ietwat gesukkel met ‘n identiteitskrisis. Tydens my studentejare was die Micra bekend as die kar waarin vroulike studente hul grimering doen terwyl hulle (onwetend) deur rooi ligte versnel.



(Hierdie kommentaar is glad nie gemik op ‘n sekere geslag of ouderdomsgroep nie. Dieselfde het al talle kere gebeur met verskillende geslagte en generasies, wat op hul selfone besig is). Die Micra was nog altyd beskryf as die “oulike” karretjie, eerder as die voertuig wat goed by enige student of jong persoon sal kan pas…

Hierdie is nie meer die geval nie. Die nuwe Micra is nou gemik op die mark as geheel, maar met ‘n sterk fokus op die jonger generasies het Nissan hulself goed van die taak gekwyt. Iets wat hul beslis moet doen, veral met die B-segment wat al meer kompeterend word.

Die Micra het beweeg vanaf ‘n “akward” tiener, na ‘n adolessente voertuig vol selfvertroue. Met skerper lyne, is die Micra ook nou langer, breër en laer, wat rygemak ook natuurlik baie goed beïnvloed. Ons toetsmodel het ook ‘oranje’ panele bygehad om die kontraste van die Micra na vore te bring (opsionele ekstra).

Tweedens het die Micra ook nou die nuwe tendens gevolg om ‘n “drywende dak” in te bring, met die agterste deurpaneel handvatsels wat vertikaal geposisioneer is. Die skerp lyne rondom die voertuig maak ook natuurlik dat die voertuig beter deur die lug sny.

Die nuwe Micra is toegerus met ‘n 900cc turbopetrol enjin, wat 66kW en 140 Nm uitskop. Meng dit met die vyf-spoed handrat en die Micra mag dalk sukkel om in een rat die bulte uit te klim. Ons kon dit ongelukkig nie op ons bekendstelling toets waarneem nie (omdat my passasier kliphard musiek gespeel het), maar die drie silinder enjinklank is goed geïsoleer, wat dit goed stil maak op die langpad.

Die klein turbo enjin bring wel ‘n goeie brandstofverbruik van 5.0 liter /100km na vore, ‘n geweldige pluspunt met ons land se brandstofpryse.

Binne is die voertuig ook deeglik toegerus met tegnologie soos konnektiwiteit (Apple CarPlay en Android Auto sowel as bloutand en USB). In die Acenta model kom daar verdere funksies soos elektroniese vensters, lugversorging, ‘n 7 duim streelpaneel, ‘n 5 duim (agter stuur) informasie skerm, spoedbeheer, ses lugsakke en traksiebeheer. Ons model het ook gekom met bult stilhou bystand (‘n handige funksie as jy vir iemand wag om hul voorhek vir jou oop te maak).

Die sitplekke is baie gemaklik (materiaal) met die agterste ry wat effe beknop kan wees vir langer persone. Die kattebak is ook toegerus met 300 liter, wat uitstekend goed is vir die segment.

Ons enigste opmerkings is ten opsigte van die ratkas, sowel as die deurpanele. Soos ook op ander modelle gevind, klink die deurpanele effe lig en soos dié van ‘n tuna blikkie. In Nissan se verdediging is die enjin kapasiteit ook baie klein, maar sukkel die revolusies effe teen bulte uit. Rat af en die enjin moet effe gedruk word om die steiltes uit te maak.

‘n Laaste opmerking is oor die materiaal aan die binneruim. Hoewel die sentrale paneelbord goed toegerus is met netjiese materiaal, is die afwerking in die res van die voertuig nie op dieselfde standaard nie.

In die geheel is die Micra ‘n goeie pakket vir stedelike verbruikers. Dit bied goeie brandstofverbruik, veiligheid, en nuwe tegnologie.

Die nuwe Micra word bekend gestel in die mark teen ‘n baie goeie prys reeks:

  • Micra Visia: R233 500
  • Micra Acenta: R257 400
  • Micra Acenta Plus: R272 400

Elk van die Micra’s word verkoop met ‘n ses-jaar / 150 000km waarborg, drie-jaar / 90 000km diensplan en ‘n 24/7 padbystand.

Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media 

Leave a Comment