Isuzu roep die troepe
As dit by voertuie kom, is daar maar nou net een baie sterk neiging in die Suider-Afrikaanse mark tydens die afgelope paar jare (of eintlik dekades). Meeste van ons soek ‘n gemaklike, veilige en praktiese voertuig vir die langpad. Nog meer, is ons selfs meer in ons nappies as die voertuig ‘n kamp sleepwa, karavaan of boot kan sleep.
Met die koms van die Fortuner, het hierdie “luuksheid” al meer in ‘n “vereiste” verander en het die voertuig mark dus omtrent elke vervaardiger gedwing om na die groot SUV mark te kyk. Selfs die luukse sportsmotor name (waarvan die Italiaanse Taurus bul, of die Italiaanse silwer drietand is) het nou al hul gewig hierheen gegooi.
Was dit egter die Fortuner, wat hierdie statistieke vinniger laat groei het, of het ons dalk vergeet van ander modelle, wat hierdie sielkundige paradigma verskuiwing kon laat plaasvind.
Ek onthou, as Graad 4 leerder, het ek dit altyd baie vreemd gevind dat my koor onderwyseres met ‘n vreemde Isuzu by die skool opdaag. Klein en naïef soos enige graad 4 maar kan wees, kon my brein nie begryp hoe ‘n Isuzu bakkie by die skool kon opdaag as ‘n stasiewa nie.
Die jare het aangeloop en eers tydens my senior jare op hoërskool is ek weer aan hierdie vreemde Isuzu herinner toe ek een van my vriende se 1989 Isuzu Frontier (of soos die Amerikaners dit as die ‘Trooper’ sal heet) ontmoet. Om konteks hierby te plaas, is dit nodig om te noem dat in 2009 matrikuleer het. Hierdie ‘Trooper’ is aan my vriend oorgegee deur sy ouers. Twintig jaar af in die lyn en hierdie voertuig het ‘n enorme kannie-dood status by ons skool gehad.
Ironies genoeg, was my Graad 4 onderwyser se Frontier een van die laaste, voordat GM dit vanaf die mark gehaal het. Soo sons almal seker bewus is, het GM wel met verloop van tyd uit die land getrek en as gevolg hul poging tot die groot SUV mark, die Chevrolet Trailblazer, saam geneem.
Nou, twee jaar na GM se onttrekking, het Isuzu besluit om weer die groot SUV mark aan te durf. Vele meen egter dat hierdie ‘n laat poging is, siende dat die mark alreeds naby aan versadig is.
Isuzu is egter volstoom aan die gang met die produksie van beide die 4×2 en 4×4 modelle, waarvan ons gelukkig genoeg was om een van elk saam vir ‘n week te kon toets.
Teen R568 000, tree die 4×2 MU-X die mark binne as die goedkoopste sewe-sitplek SUV, met die 4×4 model, wat teen R567 800 verkoop word. Beide word verkoop met ‘n vyf-jaar / 120 000km waarborg en ‘n vyf-jaar / 90 000km diensplan.
Isuzu het besluit om met hul betroubare 3.0 liter, 4 silinder turbodiesel enjin te bly, wat 130kW en 380Nm uitskop tussen baie lae revolusies (1 800 – 2 800 opm). Gepaard met ‘n ses-spoed outomatiese ratkas, gee die MU-X ‘n brandstof verbruik van 9.0 liter per 100km. Hierdie stem heel goed ooreen met on sander groot-SUV toetse in die afgelope twee jaar.
Hoewel die groot turbodiesel redelik stem dik maak en laat hoor word, bestuur die MU-X heel gemaklik, met ‘n verbasende akkurate stuur rondom knap draaie. Ry gemak oor die algemeen is ook baie gemaklik, met die ratkas, wat dalk net mag sukkel sodra ‘n voertuig verbygeneem moet word op die oop pad. Ry egter rustig teen 120km/h op die oop pad en die sesde rat kom goed in werking om ‘n gemaklike rit te verseker.
Met 18-duim wiele en ‘n ryvlak van 230mm, voel die MU-X redelik soos ‘n uitstaander langs ‘n gewone sedan. Dit help ook met die bruiner grond oppervlaktes, waar gemak ‘n belangrike rol speel.
Prakties gewys, is beide MU-X goed toegerus met leer sitplekke, elektroniese stelbare voor sitplekke, klimaat beheer, verhitte kant spieëltjies, spoed beheer en ‘n simplistiese streel paneelmet navigasie, USB funksionaliteit vir beide die eerste en tweede rye, sowel as Apple CarPlay en Android Auto.
Verder word die MU-X ook toegerus met ABS / EBD, LED dag- en agterligte, stabiliteits beheer, elektroniese bult stillstand, sowel as ses lugsakke. Verder word ‘n trurat kamera ook as standaard ingebring.
Een groot problem met drie-ry-sitplek voertuie, is dat die derde ry eintlik net goed genoeg is vir ‘n kleuter. Hiermee sukkel die MU-X egter nie en verskaf dit genoeg beenspasie in beide die tweede- en derde ry. Hierdie sitplekke kan natuurlik volledig platslaan om die agterste ruimte oop te maak.
Meer belangrik is dat die MU-X se agterste ewenaarsluiter en 3000kg (geremde) sleep krag, die 4×2 meer as genoeg kapasiteit gee om die grondpad aan te durf of selfs ‘n karavaan of vakansie boot te kan sleep.
Isuzu mag dalk weer die SUV geveg laat binne getree het, maar laat ons nie onsself blind staar hieraan nie. Die MU-X bied ‘n goeie pakket, teen veel minder as die kompitisie, terwyl dit ook die sterk Frontier / Trooper en betroubaarheids faktore dra.